skip to Main Content
Top 5 Zen Bestemmings In SA

In die alledaagse gejaag kom ’n mens op ’n punt waar jy voel jy wil weghol. Dis dan wanneer jy jou selfoon, laptop en WiFi moet wegpak en moet wegraak na ’n bestemming waar jy vrede en rustigheid kan ervaar.

Hier is Liefste BELLA se top 5 zen bestemmings waar jy weer kan asemhaal:

1. Blue Butterfly Retreat

In die hartjie van die Welbedacht Natuurreservaat in die Tulbagh Vallei is ’n sentrum met ’n gerestoreerde grasdak skuur en beeldskone uitsigte. Dis ook die tuiste vir retreats, familie byeenkomste en wegbreek geleenthede. Geniet die natuurskoon op staproetes, in ’n doolhof en ’n heerlike dam om in te swem.

2. Bodhi Khaya Retreat

Hul slogan lui: From art to zen, a sanctuary for the spirit. Hul bied ’n Nature & Dreams Retreat van 4 – 7 April aan wat op die mens se ware konneksie met die natuur en ons verstaan daarvan sal fokus. ’n Minimum van 2 nagte se verblyf word vereis indien jy besluit om op ’n persoonlike retreat te gaan.

3. Brookdale Health Hydro

Hier kom die kalmerende effekte van die natuur saam om jou liggaam, siel en gees te herstel. ’n Groot deel van Brookdale se filosofie is om ontslae te raak van onnodige spanning. Hulle bied gereelde yoga wegbreke, ma-en-dogter escapes, kunsterapie en meer aan.

Brookdale Health Hydro. Krediet: Verskaf

4. Temenos Retreat

Hier leer jy om die eenvoud en rustigheid van die lewe te embrace. Temenos is Grieks vir heilige spasie en dis ’n plek waar enige iemand kan wees en heel word. Hul bied ook formele retreats aan, soos Re-treat – Re-vitalise – Re-start, deur Johann van Greunen, wat op 5 April afskop.

5. Drakensberg Mountain Retreat

Is die Drakensberge nie maar net die ultimate plek vir wegraak, bid, mediteer en reflekteer nie? Die Drakensberg Mountain Retreat is perfek vir groep retreats met ongelooflike uitsigte, oop spasies, wilde winde, reën, sonskyn, reënboë en bo alles – stilte.

Back To Top
%d bloggers like this: