skip to Main Content
Top 3 Yoga Bestemmings

Volgens kenners is die kort antwoord op die vraag waarom jy yoga moet doen, dat dit jou beter laat voel.

Dit oefen jou postuur, asemhaling en meditasie vermoëns en herstel sodoende jou verstand, liggaam en siel. Hier is ’n paar van die beste yoga bestemmings ter wêreld:

Spanje

Hoewel Indië vir baie lank die go-to bestemming was vir yoga, het Spanje ook nou bekend geraak vir dié oefen en ontspanningsvorm. Die son skyn byna altyd in Spanje en daarom is ’n yoga retreat op een van die droom strande dalk net die perfekte wegbreek opsie vir jou. Die beste tye vir ’n besoek aan Spanje is Augustus en September, maar as jy bietjie geld wil spaar en die magdom toeriste wil vermy, is Januarie en Februarie die beste roep.

Yoga in die Gothic Quarter, Barcelona | Foto: Shutterstock

Indië

Indië is die gekose yoga bestemming vir baie mense. Dis moontlik te danke aan hul yoga tradisies wat eeue lank al deel van hul kultuur vorm. Hier kan jy by van die beste yoga gurus ter wêreld leer buig en strek met menigte ashrams wat regdeur die jaar oop is. As jy in ’n stiller tyd wil gaan, is Meimaand en Juniemaand die beste tyd. Probeer om plekke soos Rishikesh, Roa en Mysore te besoek wanneer jy in Indië kuier.

Indonesië

Bali is deesdae ’n baie populêre bestemming, veral vir Suid-Afrikaners. Dit is nie te duur om daarheen te reis nie en mense kom terug met baie spesiale herinneringe en stories van onvergeetlike ervarings. As jy opsoek is na ’n plek met gesonde eetgewoontes, ’n zen atmosfeer en yoga feeste, is Bali die plek om te wees. Junie en Julie is hul droë seisoen en ook die besiger seisoen en as jy nie omgee vir ’n bietjie reën nie, is Januarie en Februarie ook ’n lekker tyd om die mooi land te besoek.

Indië is een van die bekendste yoga bestemmings ter wêreld | Foto: pixabay.com

Yoga is een van die maniere waarop jy weer jouself kan ontdek en te volle kan ontspan. Met ’n bietjie digital detox en gesonde eetgewoontes, behoort jy heel en energiek terug te keer na jou alledaagse roetine.

 

Back To Top
%d bloggers like this: