skip to Main Content
Sneeu, Ski En Sokkies

Beplan jy jou eerste behoorlike sneeuvakansie? Hier is wat jy moet weet.

Bly slim

Bly in ’n chalet – Sodra jy jou verblyf uitgesorteer het, hoef jy nie meer te veel te bekommer oor hoeveel jy aan verblyf binne die ski resort gaan spandeer nie.

Kies die all-inclusive pakket

Plekke soos Club Med bied wonderlike pakkette wat sorg dat jy die res van jou vakansie vir amper niks hoef te betaal nie. Dit mag aan die begin dalk duur klink, maar jy kan uiteindelik dalk selfs ’n paar Rand spaar.

Dink verder as die Alpe

Ja, die Switserse Alpe het ’n sekere bekoring, maar soos ons almal weet is Switserland ook peperduur. Oorweeg Oos-Europa, Spanje of selfs ons buurland se Afriski vir ’n heerlike sneeu-belaaide vakansie.

Nippertjie besprekings

As jy ’n impulsiewe reisiger is wat op die ingewing van die oomblik besluit om iewers heen te reis, is ’n ski vakansie dalk net jou volgende avontuur. Wag tot op die laaste minuut om jou ski vakansie te bespreek en jy kry dalk net ’n wonderlike winskopie. Reisagente sal veel eerder hul pryse laat sak as wat hul ’n ski resort laat leeg staan.

Foto: Shutterstock

Vermy die middelman

Doen ’n bietjie jou eie huiswerk en beplan jou eie vakansie eerder as wat jy die reisagent ’n stewige kommissie moet betaal. Jy sal verbaas wees hoe baie jy van die bestemming leer en sommer nog meer opgewonde wees oor jou volgende avontuur!

Koop jou gear vroegtydig

Gaan kuier by The Ski Deck in Ferndale, Randburg of Gone Skiing in Sandton en kry jou ski gear sommer klaar hier. Jy sal ook maklik regkom op www.megaski.co.za. Indien jy oorsee toer, maak seker dat jy die ins and outs van die bagasie reëls ken – jy wil definitief nie sonder jou snowboard by jou vakansiebestemming opdaag nie!

Back To Top
%d bloggers like this: