skip to Main Content
Reis Sό Goedkoper

Met die tawwe ekonomie is dit soms moeilik om kop bo water te hou – wat nog te sê van reis?

Volgens kulula.com is daar wel ’n paar oulike maniere om geld te spaar:

1. Kies jou vlugdae mooi

Volgens navorsing van kulula.com en British Airways is Dinsdae of Woensdae die dae waarop jy goedkoper vlugte kan bekom.

2. Buite seisoen

Verblyf en vlugte kan goedkoper wees oor stiller tye. Skoolvakansies en populêre langnaweke is wanneer pryse die hoogtes in skiet.

3. Wees vroeg

Vliegtuigkaartjies wat vroeg bespreek word, is gewoonlik goedkoper.

4. Hou die horlosie dop

Vlugte tussen 09:00 en 14:00 is normaalweg goedkoper en nie so stampvol nie.

5. Kry die regte partner

Lugrederye maak gereeld gebruik van lojaliteitsprogramme of vennootskappe wat jou soms  ook ’n hele paar Rand kan spaar.

6. Adios met Avios

Jy kan op alle vlugte van kulula.com en British Airways ook nou afslag kry met hul Avios Travel Rewards Program.

 

Geskryf deur: Renate Engelbrecht
Foto’s: Shutterstock
Bronne: kulula.com

Back To Top
%d bloggers like this: