skip to Main Content
Prins Harry Se Troue Of Die Nuy Vallei Fees?   

Suid-Afrika se wynroetes word gereeld deur plaaslike inwoners besoek – of dit nou Stellenbosch, Paarl, Franschhoek, Durbanville of Constantia is.

Die ervaring raak wel meer opwindend wanneer jy die minder bekende wynplase begin besoek. Daai wynplase wat ook briljante wyne oplewer, maar ’n bietjie versteek is.

Hierdie naweek is nie net omkring op die kalender weens Prins Harry en Meghan Markle se troue nie. Dis ook die Nuy Vallei Fees, ’n viering van wyn, craft bier en olyfplase in die Nuy Vallei.

Vir die drawwers onder ons is daar vele roetes en vir bergfiets ryers is daar ook ’n hele paar tegniese single tracks. Daar is selfs plek vir dam swemmers! Vir die res is daar natuurlik wyn, craft bier, olywe, vars plaasprodukte en gelukkige kinders wat die buitelug kan geniet.

 Die fees is ’n jaarlikse, dag lange wyn en olyf feestelikheid wat deur vier estates aangebied word: Conradie Penhill Wynlandgoed, Willow Creek Olive Estate, Nuy Valley Winery en Leipzig Country House & Winery. Die estates spog met topklas wyne, olywe, heerlike plaaskos, familie aktiwiteite, proe geleenthede en live musiek deur Kaleidoskoop, Coffee Snobs en Francois Louw. O, en wyn yoga. Ons vra maar liewer nie te veel hieroor uit nie en aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir beserings nie!


As dit kom by die wyn, is Dean McCoubrey van luxurytraveleditor.com se persoonlike keuses dié van die vyfde generasie wynmaker, C.P. Conradie. Hy het met The Penny Family saamgewerk om twee wynreekse onder die Conradie Penhill Artisanal Wines faandel, waarvan die meeste όf goud όf dubbele goud in Suid-Afrika en internasionaal gewen het, te maak. McCoubrey stel voor dat jy minstens met hierdie wyne begin. Die Cabernet Sauvignon en die Sauvignon Blanc staan vir hom uit en is die rede waarom C.P. Conradie hierdie jaar as wynmaker van die jaar in dié kompeterende area aangewys is. Daarna, stel McCoubrey voor, kan jy oor beweeg na die Nuy Wynplaas se briljante Mastery Cabernet Sauvignon 2015.


Dink vooruit en maak gebruik van die Nuy Vallei Express wat jou per trekker tussen die wingerde sal karwei.

Penhill Wynplaas, met 4 kothuise en ’n asemrowende manor huis wat uit 1840 dateer, is die ideale blyplek vir so ’n kiuer naweek. Dis slim beplan met stylvolle interior en uitgestrekte grasperke met gerieflike toegang tot die plaas se eie reeks wyne. Jy kan gebruik maak van hul dam, stap- en bergfiets roetes, jacuzzis en swembaddens, ’n tennisbaan en braai fasiliteite. Hier kan jy behoorlik van die digitale wêreld daar buite ontsnap en kinders speel hulself poegaai.

As dit nie genoeg is nie, wel, dan is daar altyd die koninklike troue…

 

Saamgestel deur: Renate Engelbrecht

Krediet: Dean McCoubrey en luxurytraveleditor.com

Foto’s: NuyValleyFestival

Back To Top
%d bloggers like this: