skip to Main Content
Ontspan Sό Ten Volle Met Vakansie

Het jy al gevoel dat jy te lank vat om af te skakel en te ontspan wanneer jy met vakansie is?

Hier is ’n paar tips wat jy kan gebruik om vinniger en makliker te ontspan wanneer jy moet:

  1. Sit daai selfoon af, al is dit net vir die eerste dag of twee.
  2. Stel ’n outomatiese e-pos op wat aan mense verduidelik dat jy tans met vakansie is.
  3. Stel boundaries met die kantoor. As jy gesê het jy gaan nie tydens jou vakansie werk nie, moenie.
  4. Maak tyd daarvoor om net niks te doen nie.
  5. Bou ’n buffer in jou vakansieplanne in. Moenie vandag terugkom van oorsee af en dink dit gaan okay wees om more weer op kantoor te wees nie. Hou ’n dag of twee uit vir by die huis wees en ontslae te raak van die moontlike PTD (Post Travel Depression) wat jou dalk mag onderkry.
  6. Herinner jouself elke nou en dan dat jy met vakansie is en moet ontspan.
Back To Top
%d bloggers like this: