skip to Main Content
Motion Sickness? Cope So!

Dis vreemd hoe sommige mense seesiek of karsiek raak en ander nie. Is jy een van die slagoffers?

Hier is ’n paar tips om jou te help om daarmee te cope:

  1. Indien jul in ’n motor ry, is dit dalk beter dat jy bestuur. Dit laat jou brein toe om die beweging van die motor te voorspel.
  2. Sit voor in die motor en moenie afkyk op ’n selfoon of boek nie.
  3. Vermy alkohol, rook en enige kossoorte wat jou oorvol laat voel of baie sterk geure het.
  4. Kies ’n sitplek waar jy die minste beweging sal voel. Op ’n vliegtuig is dit in die middel by die vlerke en op ’n skip is dit die middelste cabins op die onderste vlak.
  5. Navorsing het bewys dat baie mense hulself vooraf kan oortuig dat hul nie seesiek of karsiek sal raak nie. Praat jouself dus sommer vroegtydig moed in!
  6. Sommige studies toon ook aan dat gemmer effektief is in die voorkoming van motion sickness.
Back To Top
%d bloggers like this: