skip to Main Content
Lekkerlees-boeke Vir Jou Travels

Ons eie #travelbella het ʼn lys van haar gunsteling travelboeke opgestel sodat jy tydens die vakansie al jou agterstallige leeswerk kan inhaal. Van die boeke is oud, ander meer onlangs, maar almal het een ding in gemeen: hulle lees lekker!

1. Me before you (Jojo Moyes): Met universal accessibility wat vanjaar ʼn hoofonderwerp in die travel industrie was, is hierdie boek ideaal. ʼn Meisie word aangestel om na ʼn paraplegiese jong man om te sien. Wat hulle saam aanpak – fisies, emosioneel en geestelik – is inspirerend.
2. Tussen Stasies (Irma Joubert): ʼn Verhaal oor ʼn Duitse weeskind wat, met die hulp van ʼn Poolse soldaat, in Suid-Afrika beland en grootword.
3. The Shadow of the Wind (Carlos Ruiz Zafon): Stephen King beskryf dié boek so: “Shadow is the real deal, a novel full of cheesy splendour and creaking trapdoors, where even the subplots have subplots…one gorgeous read.” Dis gevul met avontuur, misterie en romanse en handel oor ʼn begraafplaas van vergete boeke.
4. Spoor (Deon Meyer): As jy hou van spanningsverhale, is hierdie dalk net die boek vir jou vakansie!
5. Between shades of gray (Ruta Sepetys): Die vyftienjarige Lina word saam met haar ma en jonger broer deur Sovietwagte na Siberië gedeporteer – ʼn verhaal gebasseer op eerstehandse familie-ervarings en oorlewendes se herinneringe van ʼn reis gevul met onsekerheid en hoop.
6. The Alchemist (Paulo Coelho): In dié internasionale topverkoper volg die alchemis ’n jong skaapwagter in sy reis na Egipte nadat hy gedroom het dat hy ʼn skat daar ontdek het.

Moenie van BELLA Tydskrif vergeet nie, sy is natuurlik jou beste travel companion met uitmuntende leesstof! Hou haar sommer byderhand – of jy nou op die vliegtuig sit óf op die strand!

Back To Top
%d bloggers like this: