skip to Main Content
Kastele Vir Jou Bucket List

Of jy nou lugkastele bou of werklik die challenge wil aanpak en die wêreld se mooiste en beste kastele wil besoek.

Hier is ons top 5 vir jou go-to lys van kastele wat beslis op jou bucket list moet wees.

1. Neuschwanstein Kasteel

Die kasteel is in Suid-Wes Bavaria geleë – ’n kasteel kompleet uit die 19de eeu. Daar het sedert 1886 61 miljoen mense die kasteel besoek nadat dit kort na die koning se dood oopgemaak is vir die publiek. In die somer kan jy tot 6000 besoekers per dag hier verwag.

Foto: Neuschwanstein Kasteel. Krediet: pixabay.com

2. Edinburgh Kasteel

Die historiese vesting op Castle Rock staan statig bo die res van die Skotse stad, Edinburgh, uit. Die kasteel het menigte stories om te vertel van die tye wat dit ’n militêre vesting, koninklike verblyf en selfs ’n oorlogstronk was.

Foto: Edinburgh Kasteel. Kredit: pixabay.com

3. Pena Paleis

Die romantiese kasteel is op die Portugeuse Riviera en staan bo die dorp, Sintra. Die kasteel kan op ’n mooi oop dag selfs vanaf Lisbon gesien word. Die kasteel is ’n UNESCO Wêreld Erfenis Bestemming en ook een van die 7 wonders van Portugal.

Foto: Pena Paleis. Krediet: unsplash.com

4. Malbork Kasteel

Die 13-eeuse Duitse kasteel is naby Malbork, Poland geleë. Dit is die grootste kasteel ter wêreld as jy die area wat dit bedek in ag neem en word ook as ’n UNESCO Wêreld Erfenis Bestemming erken. Dis ’n briljante voorbeeld van ’n middeleeuse baksteen kasteel.

Foto: Malbork Kasteel. Krediet: pixabay.com

5. Bodiam Kasteel

Die kasteel is oorspronklik in 1385 gebou en was eeue lank die gunstelingkasteel in Engeland. Dit is nie net gebou om sy inwoners te beskerm nie, maar ook om ’n cosy tuiste te wees. Die kasteel se ontwerp beïndruk vandag nog besoekers van regoor die wêreld – selfs in die meer moderne tye waarin ons onsself bevind.

Foto: Bodiam Kasteel. Krediet: pixabay.com

Back To Top
%d bloggers like this: