skip to Main Content
Kamers Met Karakter

Hoekom nou in ’n streamlined apartment wat net soos die vorige een lyk bly, as jy in ’n kleurvolle, unieke kamer met karakter kan vertoef?

1. Karoo Art Hotel

Die Barrydale hotel se leuse lees: “Keeping it country. Keeping it funky.” Elke kamer het sy eie ontwerp, met een van die kamers wat deur die bekende Magpie Collective ontwerp is. By hierdie hotel word kuns op vele vlakke gevier – van die interieur en kunswerke (waarvan die meeste ook te koop is) tot die wynlys met van die beste Suid-Afrikaanse wyne (want wynmaak is ook ’n kuns) en hul kookkuns.

Foto: Verskaf

2. 12 Decades Hotel

Die hotel in Maboneng weerspieël Johannesburg se geskiedenis van 1886 tot 2006. Probeer om in die Jo’burg Minehaus kamer te bly vir ’n gevoel van hoe ’n destydse werkershuis op die goudmyn gelyk het. Die tong in die kies A part love A part hate kamer weerspieël die sombere apartheidstydperk op ’n speelse manier en die kamer, Main Street Constellations, is ook een om te sien.

Foto: Minehaus kamer. Verskaf

3. Daddy Long Legs

Die unieke kunshotel is in die hartjie van Kaapstad en bied ’n unieke ervaring van die Moederstad. Hul kamers is almal kleurvol ingerig met interessante name soos The Photo Booth, The Freshroom en Far from Home.

Foto: Facebook @DaddyLongLegsArtHotel

4. Old Mac Daddy

As jy nog nooit in ’n Airstream karavaan gebly het nie, is Old Mac Daddy se karavaan suites in die Elgin Vallei die antwoord. Probeer die Birdy, Dig’It, Dirkie Sanchez of Yellow Submarine suites vir ’n unieke ervaring.

Foto: Old Mac Daddy se Dirkie Sanchez kamer. Verskaf

5. Santos Express Train Lodge

Waar in jou lewe het jy al ooit 30 meter van die see af, in ’n trein gebly? Die Santos Express Train Lodge op Mosselbaai se Santos Strand bied enkel, dubbel en budget kamers en die trein se Fork and Train Restaurant is perfek vir seekos en uitsigte.

Back To Top
%d bloggers like this: