skip to Main Content
Hoe Kan Jy Koraalriwwe Bewaar?

Koraalriwwe is een van die natuur se mees asemrowende besienswaardighede.

Dis ook, as gevolg van menigte faktore soos kusontwikkelings, besoedeling en onverskillige toerisme, een van die mees bedreigde habitatte ter wêreld.

Hier is ’n paar maniere hoe jy jou deel kan doen en kan help om koraalriwwe te bewaar:

Foto: pexels.com

  1. Moenie aan koraalriwwe raak of met ’n boot daarin vasry nie.
  2. Moenie die koraalriwwe raakskop wanneer jy snorkel nie.
  3. Moenie naby ’n koraalrif visvang of anker gooi nie.
  4. Moenie afvalwater in die see stort nie.
  5. Moenie die strand of die see besoedel nie.
  6. Moet nooit ’n stuk koraal van ’n rif afbreek as souvenir nie.
  7. Moenie te naby aan koraalriwwe swem as jy baie sonskerm aan het nie. Die olies is skadelik vir die klein diertjies.
  8. Moenie koraal souvernirs of koraalrif vis koop nie. In sommige lande is dit selfs onwettig om koraal te verkoop.
Back To Top
%d bloggers like this: