skip to Main Content
Belangrike Wenke As Jy New York Gaan Besoek

Elke mens se travel-persoonlikheid en begroting verskil. Jy is dalk perfeksionisties en wil alles vooruit beplan en begroot, óf jy is lucky genoeg om jou trippie met ’n flexible budget aan te pak.

Dit maak nie saak hoe dit in jou geval is nie, hier is ’n paar wenke wat jy ingedagte kan hou.

Foto: Shutterstock

Pull-out map:

Koop ’n kaart van Manhattan, sodat jy heeltyd weet waar jy is en waarheen jy gaan. Dink aan Manhattan as een lang reghoek wat in vier gelyke dele opgedeel is. Noord en Suid as die boonste en onderste punte. Al die strate is genommer en opgedeel in die helfte van Wes na Oos. As jy die kaart verstaan is jou kanse baie skraal om enigsins te verdwaal.

Foto: Shutterstock

Subway:

Die subway is NY se ondergrondse treine. Daarvoor koop jy ’n MetroCard waarop jy geld kan laai en dan kan jy vrylik rondbeweeg na al jou bestemmings.

Klere:

New York is baie fashionable en jy sal soveel genot daaruit put om ook lekker mooi aan te trek tydens jou trip. Moenie terugval op jou gewone, praktiese down jackets en afzip broeke vir travel outfits nie. Maak dit liewer exciting en create ’n mood board vir jou trippie. Pak klere wat trendy en stylvol is – jy kán altwee wees sonder om jou gemak prys te gee.

Simkaart:

As jy besluit om nie jou roaming te activate nie kan jy vir jou ’n Amerikaanse simkaart in New York koop. Maar shop eers rond, moet dit nie by ’n vending machine koop nie, dit is baie duur en selde compatible met jou foon. Gebruik Wi-Fi sover as wat jy kan en settle eers bietjie in. Gaan dan na ’n winkel toe en vra vir die regte simkaart wat compatible is met jou foon. T-Mobile sal jou kan help.

Tyd:

NY is bekend as die stad wat nooit slaap nie. Pas daarby aan en beplan dat jou dag eers van 10:00 af begin en tot laat in die aand kan aangaan.

Foto: Shutterstock

Winkels:

Hierdie winkels sal jou shopping-fever die hoogte laat inskiet:

InnisFree – skoonheidsprodukte. Hulle adres is Union Square. 862 Broadway. (skuins oorkant NYX)

American Eagle – denims. Hulle adres is 19 Union Square West.

Urban Outfitters – klere en dekor met ’n quirky hipster vibe. Hulle adres is 526, 6th Avenue.

Nordstorm Rack – mans- en vroueklere en onderklere, tasse en handsakke. 60E, 14th Street.

Macy’s –Die een in Herald Square is die vlagskip-winkel en beslis ’n belewenis, moet dit nie mis nie. 151 W, 34th street.

Time Square – hier is baie winkels wat jou langer as net een dag sal besig hou. Vir die volle ervaring moet jy eers na 20:00 in die aand gaan. Die winkels is steeds oop en die vibe is uit ’n ander wêreld. Moenie die M&M store mis nie!

Sephora – Hemel op aarde as jy ons vra! Jy sal amper op elke tweede blok in Manhattan hierdie winkel teëkom. Elke make-up brand, parfum en daar is travel sizes for days!

 

Back To Top
%d bloggers like this: