skip to Main Content
Adriana Se Mars-One Missie

Adriana Marais, ’n avontuurlustige waaghals, het die dag wat sy van die one-way missie na Mars gehoor het, besef dat daar geen groter lewensuitdaging vir haar is nie. Sy het dadelik daarmee vrede gemaak dat sy moontlik die aarde vir altyd gaan verlaat.

Haar bewondering vir die skepping is duidelik wanneer sy verduidelik dat daar een ding is wat sy nie sal mis nie: Geld.

“Our increasingly materialistic society is losing sight of what is truly valuable. Money adds to this confusion.”

Haar realiteit is tasbaar wanneer sy vertel wat sy wel sal mis: “I’ll miss being able to breathe and smell the air, the feeling of the wind, sea and sun on my skin, the feeling of the ground beneath bare feet.” Dan spot sy oor hoe sy ’n goeie stuk steak en ’n bottel wyn gaan mis… “which I understand may be hard to get on Mars.”

Foto krediet: Daniel Craig Johnson

Die volgende seleksie vir die Mars missie vind moontlik aan die einde van 2017 plaas. Nadat die finale 24 kandidate verkies is, sal hulle voltydse posisies as leerling ruimtevaarders aangebied word, waarna hulle ’n dekade lank opleiding sal ontvang vir die finale one-way missie in 2031. Aan die begin sal amper alles baanbrekerswerk vir nuwe wetenskaplike areas en die ontwikkeling van ’n nuwe mensegemeenskap op Mars insluit. “I can’t think of anything that could compare to suiting up and setting out on my own very first Mars-walk or rover expedition, just to see what is out there,” vertel Adriana.

Kommunikasie is deel van die eerste cargo missie, waar satelliete op Mars afgelewer sal word om konstante interaksie met die aarde te verseker. Hulle sal ook social media baie ernstig opneem en hul ervarings en sienings van ’n nuwe wêreld met die aardse samelewing deel.

Volg Adriana Marais op social media:

Facebook: @Adriana Marais – Mars One Astronaut Candidate

Twitter: @adrianamarais

Instagram: Adriana__marais (dubbele underscore)

Geskryf deur: Renate Engelbrecht

Foto Krediet: Kate Shaw & Daniel Craig Johnson

Back To Top
%d bloggers like this: