skip to Main Content
7 Ongewone Onderwater Hotelle

Daar is min dinge so cool soos ’n hotel onder water.

Hier is ons top 7 onderwater hotelle:

Lover’s Deep, St. Lucia

Teen $292 000 is dit dalk heeltemal bo ons vuurmaakplek, maar dit bly indrukwekkend! Die Lover’s Deep is ’n submarine hotel wat avontuurlustige reisigers op ’n onvergeetlike onderwater journey vat. Dit besoek eilande soos Barbados, Montserrat en St. Lucia.

Anantara Kihavah Villas, Maldives

Hoewel jy hier dalk bo die water slaap en spa, kan jy onder die water by die SEA Restaurant wyn proe en eet.

Manta Resort Zanzibar, Tanzanië

’n Minimum 3-dag verblyf in die oord se onderwater kamer is beslis nie te versmaai nie. Die drywende 3-vlak struktuur laat gaste bo en onder die water ontspan, met skole visse wat dag en nag om jou swem.

Resorts World – Sentosa, Singapore

Die Ocean Suites by die hotel is soos deluxe tweeverdieping meenthuise ontwerp en bied die beste van beide land en see. Die onderste verdieping is ’n kamer waaruit oor die 40 000 tipes visse gesien kan word.

The Muraka

Hier kan jy buitengewone etes en slaapplek ervaar met oneindigende see uitsigte. Met ’n onderwater kamer en butlers wat na elke behoefte omsien, is dit definitief ’n onvergeetlike vakansie en hoort dit op jou bucket list.

Atlantis The Palm, Dubai

Kan jy jou indink om in ’n bad te lê en visse bo-oor jou te sien swem? Die Poseidon en Neptune Onderwater Suites is luuks en lavish met badkamers met vloer tot plafon uitsigte oor die majestieuse onderwater Ambassador Lagoon.

View this post on Instagram

Just keep swimming 🥂🐟 @_fenik_

A post shared by Atlantis The Palm, Dubai (@atlantisthepalm) on

Utter Inn, Swede

Dis een van die Sweedse kunstenaar, Mikael Genberg, se projekte – ’n drywende huisie op ’n meer. Die boonste deel van die Utter Inn lyk soos ’n eg Sweedse huis, met ’n
verrassingselement as jy afklim onder toe. Jip, ’n kamer waaruit jy visse om jou sien swem is nie alledaags nie – veral nie op ’n Sweedse meer nie!

 

Hooffoto vanaf anantara.com

Back To Top
%d bloggers like this: