skip to Main Content
10 Eienskappe Van Die Perfekte Toerisme Kandidaat

Moet jy besluit wat jy volgende jaar gaan swot of is jy dalk al besig om werk te soek?

Die toerisme-industrie is volgens South African Tourism een van Suid-Afrika se grootste inspuitings. Stats SA sê die toerismebedryf het in 2017 oor die 30 000 werksgeleenthede geskep. Judiet Barnes van die Thebe Tourism Group en ook die nuwe bestuurder van die opwindende Kruger Shalati wat vroeg volgende jaar oopmaak, sê as die volgende op jou van toepassing is, is die toerisme-industrie beslis vir jou bedoel:

Foto: Unsplash

  1. Jy is oopkop oor jou opsies in die industrie. Daar is boekhouers-, bemarkings- enverkoopsposte ook in die toerismebedryf.
  2. Jy besef dat die leer nie so moeilik is om te klim as jy die regte houding enpersoonlikheid het nie.
  3. Jy staan nie terug vir poste wat tradisioneel as mansposte bekend gestaan het nie. Vroue kan ook rangers wees.
  4. Jy sien kans om saam met die industrie te groei.
  5.  Jy is gereed om nuwe uitdagings aan te pak. Wie nie waag nie, wen nie.
  6. Jy is ’n fan van authenticity. Toeriste soek unieke ervarings om hul reisstories in tekleur.
  7. Jy is passievol oor mense. Die industrie gaan immers oor gaste.
  8. Jy besef dat hoewel jou toerisme kwalifikasie baie beteken, daar niks so waardevol is as om te leer soos jy gaan nie.
  9. Jy is bereid om vir jou mentors uit te soek, soveel as moontlik by hulle te leer en dit jou eie te maak.
  10. Passie is jou grootste bate in die toerisme-industrie. Judiet slaan die spyker op die kop as sy sê: “If you’re truly passionate about the industry and creating experiences that people will remember for the rest of their lives, that’s going to be better than earning a high salary.”
Back To Top
%d bloggers like this: