skip to Main Content
Pen Dit Neer

Ons holderstebolder-lewens gaan soms so vinnig dat ons skaars tyd kry vir asem skep en fokus op dit waarmee ons besig is. Journaling kan jou help om sin te maak van jou dae en vooruit te kyk.

Soveel soos wat die populêre opinie jou daarvan wil oortuig: Journaling is nié ’n nuwe ding nie. Om boek te hou van ons dae is amper so oud soos die berge. Wat wel nuut is, is die verskeie maniere om jou doen en late te boekstaaf. As old school se pen-en-papier steeds jou ding is, kan jy deesdae die mooiste boeke en penne aanskaf. Gaan kyk by Typo, Exclusive Books en Clicks vir oulike notaboeke.

As jy egter op soek is na meer opwindende (en tegnologiese) maniere om jou dae te verewig, kan ons die volgende apps aanbeveel:

  • Instagram: vir visuele mense is Instagram ’n fantastiese manier om jou dae in foto’s en hashtags te laat herleef.
  • Day One Journal: jy kan verskillende dagboeke hê wat jy colour code en wat jy met verskillende fonts en foto’s kan kombineer.
  • One Second Every Day: dis soos ’n dagboek-fliek wat elke dag een sekonde van jou lewe se inhoud bevat. Een van die mees gewilde apps vir rekordhouding.
  • Memento: link jou dagboek en jou social media – hoe oulik!

Studies het bevind dat mense wat selfs net 5 minute per dag spandeer aan die neerskryf van hul herinneringe, geneig is om gelukkiger en meer suksesvol te wees as diegene wat dit nie doen nie. Die voordele van journaling, is dus legio.:

  • Dit help ons om in die oomblik te leef (mindfulness is baie belangrike sielskos);
  • Dit help ons om te herleef wat gedurende die dag, maand of jaar gebeur het; en
  • Dit help ons om die toekoms in te gaan, wetend dat die lesse wat ons geleer het, ons kan help met beplanning, drome en die bepaling van doelwitte.
Back To Top
%d bloggers like this: