skip to Main Content
Ma-wees Leer Jou Skills Vir Werksplek

Is jy ’n mamma wat vir eers die werkomgewing verlaat het om na jou kinders om te sien, en nou skrikkerig is om terug te keer na jou pos? Moenie bekommer nie, ma-wees het jou meer skills geleer as wat jy dink!

Die Federale Bank van St. Louis het gevind dat, in ’n loopbaan wat oor dertig jaar strek, die beste en mees produktiewe werk deur ma’s gelewer is. Ma’s het hul kinderlose kollegas uitgestof in amper elke stadium van die werk-spel. Sekere van die ma’s in die studie wat ten minste twee kinders gehad het, was die produktiefste van almal.

Madelein Smit, hoofdirekteur van HR Company Solutions sê dat maatskappye wat nie ma’s wil aanstel wat weer tot die werksmag toetree nie, ’n groot fout maak. Hul laat toe dat hul organisasie beroof word van werknemers wat effektief is, kwaliteit toevoeg en ervaring van onskatbare waarde saam met hul bring.

“Om ’n moeder te wees leer jou dinge wat geen graad ooit sal nie. Jou onderhandelingstaktiek moet onberispelik wees. Jy moet ’n menigte take op een slag kan verrig – wat jou ’n meester van multi-tasking maak. En dan is daar ook die finansiële aspek wat gepaardgaan met jou gesin se begroting wat moet klop. Ongelukkig sien sekere maatskappye ma-wees as ’n gaping in jou CV, veral in vandag se werksmag,” sê Smit.

Die sogenaamde “maternal wall” kan vergelyk word met die glasplafon in die werksomgewing waarteen vroue so dikwels hul koppe stamp.

Smit sê organisasies moet werkende ma’s aanmoedig in stede daarvan om hul opsy te skuif. “Kennis het nie ’n vervaldatum nie, by HR Company Solutions glo ons dat vroue in staat is daartoe om clued up te bly met dit wat industrie-relevant is – selfs nadat hul die werkplek verlaat. Werkgewers moet vroue inspireer om beide goeie ouers en loopbaangerig te wees,” sê Smit.

Sheryl Sandberg skryf in haar gewilde boek, Lean In, dat 43% van hoogs gewkalifiseerde vroue met kinders hul loopbane verlaat, of “off ramp” vir ’n spesisfieke tyd. Dit is ’n groot verlies vir die werkmag. Maatskappye hoef egter nie bang te wees nie – daar is vele suksesvolle vroue wat moederskap en loopbaansukses hand-aan-hand maak werk. Anne Wojcicki, mede-stigter en CEO van 123andme is onlangs aangewys as “the most daring CEO in America”. Sy het twee kinders gekry in die eerste twee jaar van haar hoogs suksesvolle maatskappy. Stacy Brown-Philpot het TaskRabbit meer as verdubbel terwyl sy haar twee dogters grootgemaak het en Jennifer Hyman se Rent the Runway het unicorn-status (vir meer as $1 biljoen gewaardeer) terwyl sy nege maande swanger was met haar tweede.

Sien? Dit kan gedoen word!

 

Bronne

www.hrcompanysolutions.co.za

www.msn.com

Lean In, Sheryl Sandberg

Back To Top
%d bloggers like this: