skip to Main Content
Toyota C-HR – Iets Vir Die Millennial Se Oog

BELLA het diè week by die launch van die Toyota C-HR gaan kuier en het beslis haar oog op een van hierdie outjies!

Die C-HR se treffende, in-jou-gesig ontwerp, aandag op die kleinste detail en sy kragtige 1.2 liter enjin herdefinieer die Cross-Over beslis en is ‘n goeie roep vir enige stadsmeisie met ‘n oog vir die mooi dinge in die lewe. Glenn Crompton, Vise-President van Bemarking by Toyota Suid-Afrika, sê die C-HR het ‘n “fun-to-drive” karakter, wat enige girl wat lief is vir bestuur se knieë lam sal maak.

Met innoverende details soos diamantvormige motiewe regdeur die ontwerp, word daar ‘n delikate balans van presisie en sensualiteit in hierdie motor geskep – iets wat enige BELLA se oog sal vang. Jy kan selfs kies tussen ‘n normale-, eko- of sportmodel en die motor het boonop ook ‘n elektroniese parkeringsrem.

Enige BELLA is versigtig op die pad en daarom is dit ook belangrik om na die veiligheidsaspekte van die Toyota C-HR te kyk. Hierdie voertuig is goed toegerus met ABS remme, BA (Brake Assist), EBD (elektroniese remkragverspreiding), HAC (die handige heuwelkontrole) en ‘n voertuigstabiliteitskontrole. Daar is ook twee ISOFIX punte in die motor en lugsakke vir beide bestuurder en passasier.

Hierdie model kom met ‘n standaard 5-jaar / 90 000 km diensplan, met diens-intervalle vir elke 15 000 km. ‘n 3-Jaar / 100 000 km waarborg word ook voorsien.

www.toyota.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: