skip to Main Content
Só Beskerm Jy Jouself Teen Grypdiewe

Grypdiewe blyk hulle messe uit te hê vir niksvermoedende motoriste, soos ’n video wat onlangs die rondtes op sosiale media gedoen het, aandui.

  1. Fokus. Skenk genoeg aandag aan jou omgewing. Moenie jou aandag laat aflei deur jou foon, verstelling van die radio, opknapping van grimering en omsien na kinders nie.
  2. Sluit en maak toe.  Moenie met oop vensters en/of deure wat nie gesluit is ry nie. As die venster móét oop, hou dit op ’n skrefie oop.
  3. Pak weg. Vermy dit om waardevolle items op die sitplek langs of agter jou te los.
  4. Laat ruimte. Moenie so naby aan die voertuig voor jou stop dat jy geen wegkomkans het wanneer jy gekonfronteer word nie.
  5. ’n Ekstra laag beskerming. “Anti smash-and-grab” beskerming op jou voertuig se vensters en ruite is ’n baie slim keuse.
  6. Vertrou niemand. Moenie jouself ’n rat voor die oë draai en dink dat mense wat “nie soos boewe lyk nie” jou geen skade sal aandoen nie.
  7. Wees seker. Wanneer jy nie 100% seker is van jou roete nie sal jy heel moontlik moet stadiger ry of moet stop om jouself te heroriënteer. Dit maak van jou ’n maklike teiken.
  8. Vermy gevaarareas. Vermy gebiede wat as misdaad-heetkolle aangewys is en moenie te gerus wees dat nie-heetkolle heeltemal veilig is nie.
  9. Tydsberekening. Skat jou aanloop na ’n verkeerslig, of jou samesmelting met ander verkeer só dat jy nie heeltemal tot stilstand hoef te kom nie.
  10. Meld aan. In die belange van jou eie, sowel as ander motoriste se veiligheid, is dit slim om enige verdagte individue en aktiwiteite aan te meld.

 

Bron: Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354).
Vrygestel namens virseker deur I heart PR

Back To Top
%d bloggers like this: