skip to Main Content
Ken Jou Kar

Die old-school manier is nie noodwendig die beste manier nie.

In die ou dae (soos my oupa sou sê) was motors meer eenvoudige skeppings. Oupa kon sommer self op ’n luilekker vakansiedag, soos Menseregtedag, aan sy kar peuter en karring en siedaar – die kar is weer ’n splinternuwe sikspens.

Ongelukkig is vandag se motors meer kompleks en ingewikkeld. Wanneer jy self probeer om jou kar se battery te herstel, kan dit meer skade as goed doen.

Die moderne kar het soveel elemente om in ag te neem, wat alles verband hou met die hantering van die battery. Daar is moderne karre wat byna sewentig beheereenhede bevat, soos klein rekenaars wat die funskionering van elektroniese vensters, die stop en aansluit tegnologie, asook die GPS-sisteem beïnvloed. Wanneer daar nie behoorlik na die battery omgesien word nie, kan dit veroorsaak dat die bogenoemde funksies nie meer behoorlik kan funskioneer nie.

Bewaar krag deur gehalte

Daar is deesdae byna niks wat jy nie in jou kar kan doen nie; jy kan jou selfoon laai, jou sitplekke verwarm, nuus luister, oproepe antwoord sonder om jou hande van die stuurwiel af te haal, om maar net ’n paar te noem. Dit maak ons lewe geriefliker, maar beteken ook dat ons motors meer volhoubaar moet wees en dus meer krag as ouer modelle gebruik. Daarom is dit noodsaaklik om jou battery, waar ookal jy kan, te spaar. Hiermee ‘n paar tips:

  1. Die eerste stap is om vir jou kar ’n betroubare, kwaliteit battery te laat insit. Moenie probeer om die goedkoopste opsie battery te koop nie, dit sal jou duur te staan kom.
  2. Wees versigtig om jou kar te jump-start. Wanneer jy wel jou kar moet jump-start, maak seker dat beide motors afgeskakel is, die sleutels verwyder is en dat jy deeglik deur beide motors se handleidings gelees het voordat jy met die proses begin.
  3. Wees bewus daarvan dat nuwe modelle meestal vereis dat die kar herstel moet word wanneer die battery vervang is.
  4. Raadpleeg mense wat spesialiseer in batterye. Almal weet dat goedkoop koop, duur koop is. Moenie in hierdie strik trap nie!

Vir meer inligting gaan na www.batterycentre.co.za

Inligting verskaf deur: Battery Centre, deur Gullan&Gullan

Back To Top
%d bloggers like this: