skip to Main Content
Hoe Om Die Beste Motor Teen Die Beste Prys Te Koop

Aanlynaankope is nie meer ’n nuutjie vir Suid-Afrikaners nie, maar die idee om groot, duur items soos motors aanlyn te koop is nog vir baie mense vreemd.

Hoewel dit nog in ’n beginfase is is hierdie neiging besig om toe te neem. Een van die redes daarvoor is die versterkte koopkrag wat die internet aan verbruikers bied. Dit kan skrikwekkend wees om ’n nuwe motor te koop, veral gegewe die geld wat jy waarskynlik sal spandeer en die verskeidenheid opsies wat beskikbaar is. Dit hoef egter nie ’n
stresvolle ervaring te wees nie, veral nie as die koper die mag het tydens die aankoopproses nie.

Hoe gebruik jy dus hierdie mag om seker te maak dat jy jou nuwe motor teen die beste prys kry?

  1. Moenie jou ou motor as handelswaarde by die transaksie inbring nie. Kry eers die beste prys vir jou nuwe motor voor jy die inruilwaarde van jou ou motor probeer inwerk. Dit maak dit onmoontlik vir handelaars om die risikofaktor waarvoor hulle met die inruil van die nuwe motor aanspreeklik is te verberg.. Die meeste handelaars sal geld op die tafel los as hulle weet daar is ’n moontlike inruil om hulleself te dek vir die risiko om eienaarskap van ’n gebruikte motor te neem. Die klant kan dan nie weet hoeveel daar op die tafel gelaat is nie.
  2. Probeer om jou finansiering vooraf te reël. Dit gee jou die oorhand in onderhandelinge en sal ook help met jou begroting.
  3. Doen jou navorsing – as jy nie al die inligting byderhand het nie, gaan jy aan die kortste end trek. Inligting soos presies wat jy soek in ’n voertuig en wat vir jou ononderhandelbaar is, is kragtig om in ’n onderhandeling te hê.
  4. Min mense besef dat dit moontlik is om te onderhandel met die koop van ’n nuwe motor, aangesien hierdie taktiek gewoonlik meer ten opsigte van gebruikte motors ingespan word. Daar is egter baie faktore wat beïnvloed hoe handelaars die pryse van hul voorraad bepaal en daar is gevolglik meer ruimte vir onderhandelings as wat jy dalk besef. Moenie bang wees om dapper te wees tydens jou onderhandeling nie.
  5. Die geleentheid om aanlyn te kan koop beteken dat jy nie meer deur tyd en geografie beperk word nie. Internet-platforms soos Beat the Price laat jou toe om met verskeie handelaars regoor die land te onderhandel en presies die motor te vind wat jy wil hê, teen die beste moontlike prys.

Wenk: Onthou, jou koopkrag gee jou die voorsprong. Moet daarom nie skroom om gebruik te maak van ’n geleentheid wat jou toelaat om te onderhandel met verskeie motorhandelaars en hulle te kry om teen mekaar te kompeteer vir jou swaarverdiende geld nie. 

 

Geskryf deur: Carly Bailey Natasen

Foto’s: Shutterstock

Bron: Mango-OMC

Back To Top
%d bloggers like this: