skip to Main Content
Hoe Jou Brein Jou Mislei Wanneer Jy Met ’n Motorhandelaar Onderhandel

Ons irrasionele impulse en vooroordele het ’n groot invloed op die manier waarop ons byvoorbeeld onderhandel oor die koop of verkoop van ’n motor.

Studies in die rigtings van sielkunde en ekonomie het getoon dat ons nie so rasioneel dink soos wat ons wil glo wanneer dit by onderhandelinge kom nie. Dit blyk dat mens ’n warwoel van irrasionele impulse en vooroordele is, daarom moet jy tweekeer dink voordat jy ’n groot besluit neem soos om ’n motor te koop of verkoop.

Hier is maniere hoe jou brein jou truuk waneer jy ‘n motor wil koop of verkoop.

1. ’n Anker

Ons het ’n neiging om vas te hou aan ’n aanvanklike brokkie inligting en dan word al ons toekomstige oordele daarop gebaseer. In die motorbedryf is die anker gewoonlik ’n prys. Die kans is dat die handelaars wat hul motors hoër pryse gee, ook bo gemiddelde verkooppryse behaal selfs na afslag aan die koper gegee word – dit is goed vir die handelaar, maar nie noodwendig vir die koper nie.

2. Waarde

Sodra ons iets besit, gee ons dit veel meer waarde as wanneer ons dit nie besit nie. In die motorbedryf is kliënte baie meer gefokus op ’n goeie prys vir hul huidige motor as die waarde van die nuwe motor. Motorhandelaars gebruik dié verbruikers-denkwyse tot hul voordeel deur hul motors se prys bo die markprys te lys sodat hulle oor die nodige ruimte beskik om vir kliënte afslag te gee en steeds ’n wins te maak.

3. Tendense

Dit is menslik om aangetrokke te wees tot nuwe tendense en produkte wat as gewild beskou word en motors is geen uitsondering nie – ’n model wat as gewild beskou word, sal sy waarde baie beter hou as modelle wat nie so gewild is nie. Ons wil graag glo dat ons anders is, maar ons het almal hierdie vooroordele tot ’n mindere of meerdere mate. Die beste wat jy kan doen, is om daarvan bewus te wees en jou eie mening te bevraagteken deur tweekeer te dink voordat jy weer iets koop of verkoop.

 

Saamgestel deur Zara Steyn
Foto’s: Shutterstock
Bron: tincan

Back To Top
%d bloggers like this: