skip to Main Content
deur Carly Bailey Natasen

Hier is ʼn paar wenke wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ʼn afslaankapmotor bestuur:

  • Gryp ʼn duffelsak en pak sommer lig, ‘n mens het mos net bikini’s en sarongs nodig vir die strand.
  • Hou in gedagte dat die afslaandak ruimte opneem in die kattebak.
  • Ek weet dit is reeds genoem, maar ek kan dit nooit oorbeklemtoon nie, dra sonskerm! Al is dit ʼn bewolkte dag, ‘n mens brand sonder dat jy dit agterkom, want die soel wind mag jou flous.
  • Hou sommer ook ʼn dun langmouhempie in die motor, wat jou teen die son kan beskerm, maar ook warm kan hou as dit koel raak.
  • Blondies, onthou om jou dak toe te maak wanneer jy deur ʼn karwas ry.
  • Vir veiligheid, moet nie jou handsak, skootrekenaar of selfoon op ʼn sigbare plek los nie, aangesien dit maklik bereik kan word deur onwelkome hande.
  • Enige los items, soos strokies en pamflette, moet verkieslik weggepak word sodat dit nie uit die kar waai nie.
  • As jou motor oor ʼn rear wind reflector beskik, gebruik dit veral op ʼn hoofweg, sodat jy nie soos Fiela se kind by jou bestemming aankom nie.
  • Enige van hierdie motors gee jou die opsie om die dak oop of toe te maak, terwyl jy bestuur teen ʼn stadige spoed. Dit word egter aanbeveel om dit te doen voor die motor in beweging gebring word, aangesien hierdie aksie sig mag belemmer.
  • Moenie jou sexy designer shades vergeet nie. Los sommer ʼn ektra paar in die paneelkissie.

Wie het gesê girls kan nie bestuur nie? Klik op die skakel en kyk hoe vaar ons BELLA sonder brieke!
https://www.facebook.com/BellaMagSA/

Back To Top
%d bloggers like this: