skip to Main Content
Is Jy Tradisioneel As Dit By Tydskrifte Kom?

Die reuk van vars gedrukte bladsye. Die klank van woorde wat met jou gesels as ’n artikel lewe kry. Die movement daarvan om ’n bladsy om te blaai. Dít is DRUKmedia.

Heel toevallig het twee van die mense met wie ons in ons Julie-uitgawe onderhoude gevoer het, Reine Swart en Lesley Pearse, lank gepraat oor die noodsaaklikheid van drukmedia. As ’n tydskrif wat maandeliks gedruk word, het hierdie vraag ook al in talle BELLA-redakteurs se gesprekke en gedagtes opgeduik.

Met tegnologie wat die weg baan vir nuwe uitvindings en klomp maniere hoe om die tradisionele met beter tegnologie te vervang, het drukmedia onder druk verkeer. Webtuistes en sosiale media is vandag byna sterker as die gedrukte tydskrif self. En ja, mens moet aanpas!

Maar tog voel baie mense dat daar nog plek is vir gedrukte media.

Ons voorbladgesig, Reine Swart voel daar is beslis nog plek vir drukmedia. “Dis vir my lekker om tydskrifte te koop en te sien wat julle alles by BELLA aanvang. Die internet het massas inligting, maar tydskrifte het net een antwoord.”

Lesley Pearse, die skrywer van die topverkoper van Belle en Remember Me, vertel dat sy glad nie meer haar Kindle gebruik nie. “I find when I read on a Kindle, I don’t pay close attention and forget what I read. However, when I look at my bookshelf, I remember each and every book.”

Ons redakteur, Mart-Marié du Toit, sê dit waarvan sy die meeste van tydskrifte hou, is dat jy idees, resepte en artikels vir ewig kan bêre. “Jy kan selfs inspirasie uitskeur en in jou eie memory-boek plak,” sê sy.

Daar is verseker plek vir boeke, koerante en tydskrifte. Bederf jouself met ’n tydskrif en geniet die luuksheid van leesstof.

8 Redes om ’n BELLA te koop:

  • Dit is propvol inspirasie – van trou tot seks tot die lekkerste resepte.
  • Ons is anders en praat ons mark se taal.
  • Ons praat reguit en eerlik. Jy kan in BELLA lees van brazilian wax tot real life stories met gewone mense.
  • Daar is elke maand meer as vyf kompetisies in BELLA. Jy móét vir elkeen inskryf, want iewers gaan jou luck draai. 😉
  • Eksklusiewe artikels, stories en idees.
  • Die nuutste trends, modes, raad en inspirasie is alles in die tydskrif beskikbaar.
  • Daar is baie inligting wat goed nagevors is.
  • Ons skryf oor dit wat ons lesers wíl lees.
  • Met ’n BELLA in jou hand, sal jy die mooiste jý wees.

Koop nou jou BELLA Tydskrif vir slegs R30 by jou naaste Checkers, Pick n Pay, Woolworths, Clicks, Foodlovers Market en Spar. As jy nog steeds BELLA op jou selfoon of tablet wil lees, teken in op My Subs by www.mysubs.co.za/magazine/bella.

 

Geskryf deur: Lizanne Theron

Foto’s: Maria Marguerite Photography en Pixabay

 

Back To Top
%d bloggers like this: