skip to Main Content
Haarstyle Vir Jou Vakansie

Lee-Anne Nourse van Rooyen, van Esplendor Make-up, Hairstyling & Beauty, deel in die nuutste BELLA ’n paar waardevolle wenke met ons oor hoe om soos ’n BELLA girl te lyk met vakansie. Hier is nóg ’n paar idees wat jy saam met jou kan vat:

Haarprodukte kan ’n haarstyl maak of breek. ’n Goeie shampoo en conditioner vir jou tipe hare is baie belangrik, met salonprodukte wat natuurlik eersteprys is. Styling cream, veral as jy jou hare lugdroog, bevog hare, gee dit body en beskerm dit teen die son. Iets soos Paul Mitchell se Soft Style Cream werk wondere. Vir kort hare is Paul Mitchell se Flexible Style – Wax Works ’n goeie opsie. Lee-Anne se gunsteling produk is BED HEAD, Oh Bee Hive Dry Shampoo – die ideale produk om body te gee en die olierigheid weg te vat indien jy vir die 2de of 3de dag nie lus was om hare te was nie (jy is dan immers met vakansie!). Carlton Hair se haarolie, Davines se Absolute Beautifying Potion, is ook ’n moet-pak item. Twee tot drie druppels hiervan sal jou hare mooi laat blink en ruik ook heerlik!

Vir baie kort hare is dry shampoo ’n lewensredder vir body op die kroon en wax works gee weer definisie en laat hare mooi gestyle lyk. Met jou medium haarstyl kan jy ook lekker rondspeel. Rol jou kuifie sag na die kante en steek dit met ’n mooi knippie vas, of maak vlegsels aan weerskante van jou kop, neem dit terug en steek dit agter, in die middel, vas. Vir langer hare werk lae bollas altyd goed wanneer jou hare nog ’n bietjie nat is. Gebruik ’n styling cream en werk dit mooi deur jou hare. Vlegsels en los hare is ook maklik en kan steeds mooi lyk. Laat jou hare natuurlik droog word en gebruik styling cream om dit daardie natuurlike wave te gee.

Wat is die moet-pak-items vir jou travels in terme van hare? Bobby Pins! Lee-Anne sê jy kan hiermee die mooiste style doen en dit hou! Ander items wat op jou paklysie moet wees, is goeie kwaliteit rekkies, ’n syserp met polka dots, blompatrone of strepies en mooi, blink accessories om vinnig van dag na aand oor te skakel. ’n Mooi, groot strik kan ook ’n gewone poniestert vinnig ophelder. Kyk uit vir oulike accessories by Lovisa en maak vir jou ’n paar travel mooi-moois bymekaar. Lee-Anne stel ook voor dat jy jou Bobby Pins deur jou haarkapper bestel – dit is beter kwaliteit en hou uiteraard van die saak langer.

So, BELLA, nou kan jy sonder om te skroom daardie helderkleurige bikini met trots dra en die koppe laat draai! Die nuutste BELLA is van 14 Augustus af op die rakke en ons reisredakteur vertel vir jou alles wat jy wil weet oor Tripit, die top10 eilandbestemmings, Puerto Rico en die Tuinroete. Lees op bl.80!

Geskryf deur: Renate Engelbrecht 

Kenner: Lee-Anne Nourse van Rooyen

Foto: Pixabay

Back To Top
%d bloggers like this: