skip to Main Content
Verhoudings En Finansies

Die liefde maak jou kop skoon deurmekaar van lekkerkry, pasop net dat dit nie jou sak ruk nie.

So kompleks soos wat die liefde en verhoudings is, soveel meer raak dit as daar oor geld gepraat moet word – en die eeue oue gesegde lui steeds waar: “Money problems aren’t solved with money.”

Jeanette Marais, CEO van Momentum Investements, sê: “While money may make the world go round, love keeps it spinning – honesty and transparency about money in a relationship is key.” Sy voel ook sterk daaroor dat paartjies wat saam hul rykdom wil bou moet verseker dat hulle ’n finansiële plan het om hulle te help op die reis. Gesamentlike belegging vereis besluitneming van albei partye, wat ingewikkeld kan raak as dit nie reg gedoen word nie.

Gesamentlike beleggings vereis kommunikasie, duidelike finansiële doelwitte, die verkenning van verskeie opsies en raad vanaf ’n finansiële beplanner.

Volgens die kenners van The Balance is die belangrikste gesprekke en doendinge die volgende:

  • Gesamentlike en/of individuele bankrekeninge?
  • Begroot! Hou ons boek van elke uitgawe, klein of groot?
  • Stel ons saam finansiële doelwitte op;
  • Gaan ons weekliks, maandeliks of jaarliks oor ons finansies gesels?
  • Spaar ons 10% van ons albei se inkomste?
  • Hanteer ons skuld saam?
  • Het ons finansiële geheime?
  • Hoe gaan ons finansiële storms saam trotseer?

Oop en eerlike gesprekke oor finansies is dalk ongemaklik en glad nie lekker nie, maar die uiteinde kan net positief wees vir julle. Jeanette se laaste raad aan couples: “Life happens, and things may change unexpectedly, couples need to ensure they are flexible and review their financial plan on a regular basis – amending it to fit their lifestyles and financial goals.”

 

Bronne: Kenner – Jeanette Marais, CEO of Momentum Investments, thebalance.comrelevantmagazine.com

Back To Top
%d bloggers like this: