skip to Main Content
Pasop Vir Finansiële Mishandeling

Finansiële mishandeling is wanneer jou partner jou finansies beheer.

Mishandeling kan op baie maniere plaasvind, maar nie almal besef die erns van finansiële- of ekonomiese mishandeling nie. Jy mag dalk dink dat jou partner jou ’n guns doen deur jou finansies te beheer, maar is dit regverdig as hul jou werkslewe en finansies inperk?

Finansiële mishandeling kom in verskeie vorms voor soos byvoorbeeld om skuld op ’n gesamentlike rekening te maak, toegang tot geld te weier, vernietiging van belangrike dokumentasie of om gedwing te word om op te hou werk.

Foto: Shutterstock

Omdat finansiële mishandeling nie fisiese letsels agterlaat nie, word dit deur die meerderheid van die wêreld geïgnoreer. Dit het egter regte gevolge. Om nie geld vir jouself te hê nie, beteken dat jy totaal afhanklik is van jou partner. Dit kan teen jou gebruik word om jou onder hul duim te hou sodat hul later alle aspekte van jou lewe beheer.

As jy ’n vriendin of ’n familielid ken wat mishandel word, moet jy hul wys dat jy hul ondersteun en daar is vir hulle. Probeer om hul nie teen hul partner te waarsku nie, want sy sal nie haar rug op haar partner draai as sy afhanklik van hom/haar is nie.

Is jy ’n slagoffer van die tipe mishandeling? Staan op vir jouself en rapporteer dit by die Suid-Afrikaanse Polisie Diens. Volg die skakel vir meer inligting.

Bron: Savvy Woman 

Back To Top
%d bloggers like this: