skip to Main Content
Moenie Laat Jou Skuld Jou Onderkry Nie

Skuld is deel van die lewe, jou selfoonkontrak, jou huislening en jou klererekening is alles skuld. #LiefsteBELLA het gaan uitvind hoe jy kop bo water kan hou wanneer jy in die skuld is.

Min Suid-Afrikaners is skuldvry en as jy weet hoe om jou skuld te bestuur, hoef dit nie ’n kopseer te wees nie. Die gevaar is wanneer jou skuld so drasties raak dat jy dit eenvoudig net nie meer kan bekostig nie.

Om vas te stel hoe jou finansiële posisie op die oomblik lyk, moet jy ’n lys maak van al jou skuld. Sluit die totale bedrag van die skuld, die inligting oor die maandelikse betalings asook die vervaldatum daarby in. As jy swart op wit kan sien hoeveel jy skuld, sal jy die groter prentjie kan sien en bewus wees van die omvang van jou skuld.

Probeer om elke maand jou rekeninge te betaal. Laat betalings maak dit moeiliker om jou skuld te betaal, aangesien jy ’n laat fooi moet betaal vir elke betaling wat jy mis. Betaal minstens die minimum betaling as jy nie kan bekostig om enigiets meer te betaal nie.

Indien moontlik, probeer om klererekeninge en klein bedrae skuld af te betaal voordat dit begin om rente te loop. Dit sal jou ook ’n paar rand spaar. Skep ’n rainy day-fonds waarop jy kan terugval wanneer jy in die nood is. In plaas
daarvan om nog skuld te maak, probeer eerder om op die ekstra spaargeld te steun.

 

Saamgestel deur Zara Steyn
Foto’s: Shutterstock
Bron: thebalance.com

Back To Top
%d bloggers like this: