skip to Main Content
Lees Jou Pad Tot Sukses

Daar word gesê hoe meer jy lees, hoe meer kennis sal jy dra, en BELLA stem saam!

Of jy op soek is na ’n hupstoot in jou loopbaan, of strewe na persoonlike groei – boeke is altyd die antwoord. BELLA het gaan kyk watter boeke interessant, inspirerend en gatskop-oulik is vir besigheid- en lewensukses. Sommige boeke is golden-oldies en ander is sommer splinternuut op die rak.

Superbosses – Sidney Finklestein

Dié boek is vol opwindende idees! Vind uit hoe die wêreld se sogenaamde superbase hul spanne lei, motiveer en opbou.

The No Asshole Rule – Robert I. Sutton

Dié boek wys jou hoe om boelies, gatkruipers, rugstekers en tweegesigte by die werk te oorleef. En ook hoe om nie een te wees nie.

Big Magic – Elizabeth Gilbert

Hierdie boek is veral vir die kreatiewe siele. Die skrywer van Eat. Pray. Love. het ’n interessante studie oor kreatiwiteit gedoen en die resultate sal jou verras.Vind uit waar die sogenaamde “muse” vandaan kom, en wat kreatiwiteit regtig behels.

The Dumb Things Smart People Do with Their Money – Jill Schlesinger

Die titel verduidelik eintlik alles. Jy’s slim, moenie dié dom dinge met jou geld doen nie.

How to get a SARS refund for small businesses – Daniel Baines

Daniel Baines se eerste boek oor belasting, How to get a SARS refund, het pittig klaar gespeel met baie van ons belasting vrae. Nou is hy terug met een wat op klein besighede gemik is – moenie uitmis op sy deeglike navorsing en die voordele wat dit vir jou inhou nie.

Jim Rohn het gesê: “Reading is essential for those who seek to rise above the ordinary.”

Laat weet ons op Facebook, Insta en Twitter wat jou gunsteling sukses-boek is.

Back To Top
%d bloggers like this: