skip to Main Content
Finansiële Nuwejaarsvoorneme Vir ’n Suksesvolle 2019

Nuwe finansiële doelwitte is ’n verantwoordelike manier om die jaar te begin. Hier is ’n paar wenke om jou te help om jou finansies in 2019 beter te bestuur.

Januarie voel vir almal soos die langste maand van die jaar omdat mens gewoonlik platsak is na die feesseisoen. Om die jaar met duidelike doelwitte aan te pak, kan dalk net die ding wees wat jy nodig het om weer op jou voete te kom.
Volg die wenke om jou finansiële nuwejaarsvoorneme vir 2019 op te stel:

1. Stel duidelike doelwitte vir jouself. In plaas daarvan om in jou agterkop te beplan om jou kredietkaart in 2019 af te betaal moet jy die tipe finansiële doelwitte neerskryf. Fokus dan ook op ’n aksieplan en hoe jy by jou doelwitte gaan uitkom.

2. Meeste volwassenes het ongelukkig skuld. Maak ’n lys van al jou skuld en organiseer dit volgens wat onmiddelik afbetaal kan of moet word.

3. Beplan vir jou aftrede. Elke persoon benodig ’n goeie uittree-annuïteit asook ’n begrafnispolis. Daar kan baie groot uitgawes in jou toekoms wees en jy en jou geliefdes sal dit nie altyd kan bekostig nie. Dit is dus ’n goeie idee om vroeg in jou lewe daaroor te begin dink.

4. Spaar, spaar, spaar! Daag jouself uit en spaar elke muntstuk wat jy het. Jy sal verbaas wees wat die totaal van ’n koffieblik vol R2, R5 of self 50c sal wees. Spaar dié geld vir ’n rainy day.

 

Saamgestel deur Zara Steyn
Foto’s: pexels.com
Bron: the balance.com 

Back To Top
%d bloggers like this: