skip to Main Content
5 Dinge Wat Millennials Ons Oor Geld Kan Leer

Millennials se grootste finansiële geheim is dat hulle meer dinge met minder geld kan doen. #LiefsteBELLA het gaan uitvind hoe millennials se geldgewoontes lyk.

Ongelukkig word jongmense groot in ’n tydperk waar alles duurder word en terselfdertyd word werk al hoe skaarser. Die Lost Generation-studie deur die Federale Reserwebank van St Louis sê dat die meeste millennials wat in die 1980’s gebore is, waarskynlik nooit van die wêreldwye resessie sal herstel nie en dit veroorsaak ’n beduidende rykdomsgaping tussen oud en jonk.

Ten spyte daarvan, probeer Suid-Afrikaanse millennials om beter spaarders te wees. Hier is vyf dinge wat millennials ons oor geld kan leer:

1. ’n Uitspattige lewe kan wag

In plaas daarvan om hul geld op luukshede te bestee sny millennials ekstra uitgawes om te sorg dat belangrike lewenskoste betaal kan word voordat hulle hul geld op ander dinge bestee.

2. Maak die meeste uit werksgeleenthede

Met behulp van platforms soos LinkedIn is dit tans makliker om werk te soek as wat dit vir vorige generasies was. Millennials is meer buigbaar in die werksomgewing en indien hul nie oor bemarkbare vaardighede beskik nie, is daar webtuistes soos Udacity, Shaw Academy en Getsmarter  wat aanlyn kursusse aanbied.

3. Bestuur jou finansies

Dit is belangrik om maandeliks geld weg te sit, maak nie saak hoe baie of hoe min dit is nie. Meer as 140 000 Suid-Afrikaners, meestal millennials, gebruik begrotings en maak ook gebruik van die besparings-app, 22seven (gratis op iOS en Android) om hulle te help spaar.

4. Betaal jou skuld

Suid-Afrikaanse millennials se finansiële toekoms is in gevaar omdat skuld en krediet, veral met betrekking tot winkelrekeninge, maklik is om te bekom. Die nadeel daarvan is dat dit die millennials se vermoë om geld te spaar vir die dinge soos onderwys, vakansie, aftrede bemoeilik. In die langtermyn kan dit belangrike lewensmylpale soos om ’n huis te koop of om ’n familie te begin, vertraag.

5. Spaar vir jou doelwitte

Volgens 2018 Better Money Habits Millennial Report is millennials meer geneig om spesifieke finansiële doelwitte te stel en om daarvoor te spaar.

 

Saamgestel deur: Zara Steyn
Source: MSL Group
Foto’s: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: