skip to Main Content
2019 – Jou Beste Finansiële Jaar

Let’s face it – 2018 was ’n uitdagende finansiële jaar. Daar was verskeie struikelblokke soos BTW wat van 14% na 15% opgegaan het en die brandstofprys wat maand na maand gestyg het.

Dit was alles faktore wat dit moeilik gemaak het om vanjaar te spaar en maandeliks met jou begroting uit te kom. Hierdie raad sal jou help om in 2019 makliker te spaar en jou finansies beter te bestuur.

Hoë lewenskoste en basiese behoeftes wat duurder en duurder raak, veroorsaak dat ons gou moedeloos raak omdat ons al net na payday weer platsak is. Spaar is die enigste realistiese manier om seker te maak jou toekoms is veilig en jy het geld vir noodgevalle. Die aktrise, en bokskampioen, Nicolle Bessick, deel met ons haar beste raad oor hoe jy meer geld kan spaar.

Aktrise, en bokskampioen, Nicolle Bessick.

Nicole vertel: “Ek probeer om 10% van my inkomste te spaar.” Sy voel ook jy moet belê in die regte items, veral wanneer dit by jou klerekas kom, en op so manier spaar jy in die lang duur. “Ek glo jy het ’n goeie paar jeans, hakke en ’n swart rokkie nodig en die res van die items kan jy mix en match. Sonder om op kwaliteit te compromise, spaar jy baie geld op dié manier,” sê Nicole.

Nicole voel as jy geld wil spaar vir die langtermyn en jou toekoms moet jy begin deur ’n doelwit vir jouself te stel. “Begin deur vas te stel waarvoor jy wil spaar en hoeveel dit sal kos. Dit kan vir ’n vakansie wees, vir nuwe wiele of selfs net vir ’n nuwe paar skoene. Stel dan ’n tydlyn op van wanneer jy hierdie dinge wil doen of koop en dan sal jy weet presies hoeveel geld jy maandeliks moet wegsit.”

Al was 2018 nie jou beste finansiële jaar nie, kan 2019 aansienlik meer rooskleurig lyk as jy hierdie tips van Nicole deel maak van jou leefstyl. Spaar en laat jou stresvlakke oor finansies bedaar!

 

Geskryf deur: Lizanne Theron
Foto’s: Verskaf KDT Comms

Back To Top
%d bloggers like this: