skip to Main Content
Carlson Rezidor – ’n Voorlooper In Die Aanstelling Van Dowe Werknemers

Clinton Thom, Algemene Groepsbestuurder van Radissn Blu Le Vendome en Park Inn by Radisson Cape Town Newlands, sê: “We feel honoured to be able to make a difference in the lives of our deaf and hard-of-hearing staff, giving them an equal opportunity in the working field.”

Vir die Carlson Rezidor hotelgroep is diversiteit en insluiting twee van die pilare van hul werknemer waarde proposisie. Toe hul die Deaf South Africa (DeafSA) gebou oorgeneem het om die Park Inn by Radisson Cape Town Newlands te ontwikkel, het hulle die geleentheid om dowe en hardhorende individue op te hef en aan te stel, geïdentifiseer.

Toe die Park Inn by Radisoon Cape Town Newlands oopgemaak het, het dit ’n dowe en hardhorende komponent van 30% gehad – die eerste hotel in Afrika wat dowe en hardhorende werknemers in beide kantore en op die vloer gehad het. Daar is tans 26% van Park Inn by Radisson Cape Town Newlands se werknemers wat doof of hardhorend is, met sommige van die werknemers wat met dieselfde indiensnemingsbeleid na Radisson Blu Le Vendome of twee van die groep se mees onlangse Suid-Afrikaanse hotelle – Park in by Radisson Polokwane en Radisson Blu Hotel & Residence, Kaapstad – verplaas is.

“We are thrilled to be able to broaden our compliment of deaf staff and currently have almost 41 deaf and hard-of-hearing staff members within our South-African properties. The Radisson Blu Hotel and Residence in Cape Town employs 12 deaf and hard-of-hearing staff, while the Park Inn Polokwane has 2 deaf staff members who have relocated from Cape Town. Continuing our momentum of diversity and inclusion within the group, we are actively seeking to employ additional deaf staff in Africa’s first Radisson Red hotel, scheduled to open in Cape Town in September this year,” sê Gyrieyah Slemming, Carlson Rezidor se HR Direkteur vir Afrika en die Indiese Oseaan.

Park Inn by Radisson Newlands is erken vir hul pogings en het die 2015 Guardian Sustainable Business Award for Diversity & Inclusion in Londen ingepalm. Sedertdien het die hotel en die groep aangehou om op diè initiatief voort te bou.

DeafSA besit 51% van die Park Inn by Radisson Newlands hotel. Die gebou was voorheen ’n onderbenutte DeafSA gebou en was op ’n uitgesoekte stuk land vir die hotel. Die groep het toe besluit om die gebou as deel van die hotel te inkorporeer, wat as addisionele inkomste genereerder vir DeafSA sou dien.

Daarby het Carlson Rezidor die geleentheid gesien om menigte poste te skep en ’n porsie van die werksmag aan die groep in Suid-Afrika wat die minste werk het, te allokeer en sodoende geleenthede te skep wat hulle normaalweg nie sou ontvang nie. Die groep het ware toewyding gewys in die proses om diè indiensnemingsbeleid deur verskeie proaktiewe initiatiewe ’n werklikheid te maak.

Die Nasionale Direkteur van DeafSA, Bruno Druchen, sê: “With unemployment levels rising, jobs are few and far between. For the 1,6 million hard-of-hearing and deaf individuals in South Africa, it is even more difficult to find employment. One of the main reasons we have seen tremendous success has been providing dead or hard-of-hearing staff with interaction tools during interviews.”

Carlson Rezidor glo om leierskap te hê wat werklik ’n verskil wil maak, is die sleutel tot suksesvolle aanstellings en die behoud van dowe of hardhorende werknemers.

Thom sê: “This is a great model for other corporates to follow. DeafSA will provide an interpreter for interviews for potential candidates. The option of interpreters is available and corporates should use it because the rewards are immeasurable. It is also important to note that deaf people or those who are hard-of-hearing can communicate in several ways, such as lip reading, basic sign language or writing down their thoughts, so in some cases, it’s easier to communicate, even without an interpreter.”

Hoewel daar ’n paar veranderinge gemaak moet word om dowe en hardhorende werknemers te akkommodeer, is dit belangrik om in ag te neem dat hulle nie noodwendig anders hanteer wil word nie. Al wat hulle wil hê, is om met respek behandel te word, wat wys dat hulle hul werk kan doen. Met aanstellings verskaf DeafSA die hotel met ’n lys van kandidate wat hulle gekeur het en die hotel laat weet DeafSA van die beskikbare posisies.

“They work mainly in the food and beverage departments, housekeeping and finance,” sê Thom. Wanneer dowe of hardhorende werknemers belangstel in ander poste binne die Carlzon Rezidor groep, word hulle die geleentheid gegun om die vereiste vaardighede aan te leer.

“If a deaf staff member wants to be a baker for example, he or she will be trained if they have a positive attitude towards learning,” sê Thom. “They must be willing, committed and prepared to work hard.”

Dowe werknemers moet ’n naamplaatjie, met die woorde “I am deaf” op dra, wat gaste help om hulle te identifiseer en misverstande sodoende verhoed. Gaste word ook tydens check-in in kennis gestel van die teenwoordigheid van dowe werknemers en hulle word ingelig oor hoe om met hulle te kommunikeer.

Daar word jaarliks, of wanneer daar ’n nuwe hotel oopmaak, ’n tolk deur DeafSA gestuur, wat werknemers met gehoor oplei oor wat om te doen en wat om nie te doen tydens interaksie met ’n dowe persoon nie. Tolke word ook gebruik vir verpligte opleiding en vergaderings.

Thom noem dat die verhoudings tussen werknemers wat kan hoor en dowe of hardhorende werknemers wonderlik is en dat hulle hul eie unieke manier ontwikkel het om met mekaar te kommunikeer.

DeafSA se Druchen sê hy kan nie gelukkiger wees met die uitslae van die initiatief nie. “Wherever we go, deaf people either want employment or have given up hope of being employed; we use Carlson Rezidor hotel group as an example of a great partnership,” sê hy. “The experience has had such a positive spin-off. We want to continue spreading this wonderful story.”

Volg hulle gerus op sosiale media by:

Website: www.rezidor.com

Twitter @carlsonrezidor

LinkedIn www.linkedin.com/company/2364

Instagram www.instagram.com/rezidor_ourpromise

 

Geskryf deur: Renate Engelbrecht

Foto’s: Caption: Anene Engelbrecht, een van Carlson Rezidor se dowe werknemers (Krediet: verskaf deur Ogilvy PR)

Back To Top
%d bloggers like this: