skip to Main Content
BSH-groep Vat Brand Experience Next Level

Die BSH groep, stel hulle nuwe Brand Experience Centre in Kramerville, Johannesburg bekend.

 Op Dinsdag, 16 Mei 2017, het die BSH-groep hulle nuwe BSH Brand Experience Centre, in een van die wel bekende design precincts van Kramerville bekendgestel.

Die BSH Brand Experience Centre bestaan uit bekende handelsname soos Bosch, Siemens en Gaggenau. Hierdie is die tweede showroom wat BSH bekendgestel het. Die eerste showroom was in Kaapstad bekendgestel en Bestuurende Direkteur van BSH Suid-Afrika, Enrico Hoffman, het bevestig dat daar showrooms nasionaal sal open binne die volgende jaar.

Hierdie showrooms stal nie net die beste kombuistoestelle uit nie, maar fokus ook op die uniekheid van elke handelsnaam. Daar is toestelle vir elkeen se voorkeure, van Bosch se tegnologiese aanslag, Siemens se metropolitan leefstyl tot by Gaggenaue se huislike gevoel.

Hierdie elegante geleentheid was afgeskop deur die voormalige Mej Suid-Afrika, Melinda Bam as seremoniemeester. Die aand was gevul met heerlike smulhappies, koffie, gin-proe en wine pairing deur die bekende wynmeesteer, Heidi Rosenthal Duminy. Gaste was ook bederf met‘n interaktiewe demonstrasie deur van Suid-Afrika se top Chefs (naamlik Marthinus Ferreira, Amy Butler en Matt Manning) wat gebruik gemaak het van die Bosch, Siemens en Gaggenau toestelle. Daar was veral gefokus op Bosch se nuwe 8 Series oond, Siemens se stoom en induksie funksie asook Gaggenau se EB 333 oond.

Vir meer inlighting aangaande die BSH groep en Bosch, Siemens en Gaggenaue toestelle besoek gerus die BSH webtuiste: www.bsh-group.info/laender/za/.

Geskryf deur: Arisca Beyers 

Foto’s: Arisca Beyers

 

Back To Top
%d bloggers like this: