skip to Main Content
Apps Wat Doeltreffendheid Verbeter

Liefste BELLA help jou die maand met raad oor apps wat help met al jou besigheidsbenodighede.

Suid-Afrika se eerste, slim uitgawe-eis-app is onlangs vrygestel. In Junie is Slipztream deur professionele rugbyspeler Dylan Des Fountain en sy vrou Joy aangekondig. Hierdie innoverende, Suid-Afrikaanse “expense claim app” help gebruikers om hul uitgawes af te neem (scan), op te laai en in te dien vir onmiddellike goedkeuring.

Google se Cloud Vision tegnologie word gebruik wat die inligting op jou strokie gebruik om ’n eis saam te stel. Dié wat dan jou eis moet goedkeur kan dan die aanlyn dashboard gebruik wat die rompslomp van strokies bewaar, uitskakel.

“Slipztream is gebou om ’n produktiewe, voorspelbare en papierlose omgewing vir personeel, finansiële spanne, bestuur en individue te behaal,” sê mede-stigter Joy Des Fountain. “Deur tyd- en kostebesparings help ons organisasies om doeltreffend te funksioneer en ons analitiese ‘tools’ help die bestuur om tendense te analiseer en abnormale uitgawes te identifiseer.

’n Ander interessante app waarna jy kan kyk om jou besigheid se effektiwiteit te verhoog is Asana. Hierdie web- en mobiele-app help almal wat op een projek werk om alle take, projeknotas en vordering op die Asana-bord dop te hou. Jy kan ook leêrs en notas oplaai sonder om almal se inboxes te oorlaai. Asana werk saam met Google Drive en Dropbox en Slack vir moeitelose integrasie van jou span se take.

Kyk ook na Fuze – die videokonferensie-app waarmee jy vergadering kan hou oor alle operating systems en modelle heen. Die hoë definisie video en helder klank is fantastiese byvoordele en dis maklik om op te stel en af te laai.

Maak seker jou besigheid is op die voorvoet met hierdie lekker, maklike en doeltreffende apps.

 

Bronne

www.thesimpledollar.com

www.nerdwallet.com

www.slipztream.com

Back To Top
%d bloggers like this: