skip to Main Content
Ag Tog, My Kar Is Alweer Leeg!

Hoekom gaan die petrolprys net op, en op, en op?

Om jou kar vol brandstof te maak is deesdae ’n emosionele ervaring, maar gelukkig het ons in Julie ietwat van ’n verlaging gekry.

Sanisha Packirisamy, Hoof Ekonoom by Momentum Investments verduidelik hoekom die petrolprys soms wipplank ry:

Wat laat die petrolprys styg en daal?

Daar is drie hoofelemente wat die huishoudelike brandstofprys bepaal. In Suid-Afrika word dit maandeliks namens die staatsentiteit, die Departement van Energie, namens die Sentrale Energiefonds, uitgewerk. Eerstens is daar belasting wat deur die regering bepaal word, insluitend die heffing op padongelukke en die algemene brandstofheffing.

Die twee ander elemente is grotendeels ekstern gedrewe en word minder beïnvloed deur ontwikkelings in die binnelandse ekonomie. Hierdie faktore sluit die rand-dollar-wisselkoers en die internasionale prys van Brent-ruolie in.

Die wisselkoers word beïnvloed deur bewegings in die dollar, risikosentiment teenoor opkomende markte en idiosinkratiese risikofaktore wat met die SA ekonomie verband hou. Die derde faktor, die prys van olie, hang grootliks af van die verskil tussen die aanbod van olie en die vraag na olie. Tans bestaan ​​daar ’n wanbalans tussen die twee, aangedryf deur ’n swak wêreldwye vraag na olie (die wêreldvraag word onderdruk deur faktore soos die handelsoorlog tussen die VSA en China) en ’n groter aanbod vanaf die VSA.

Tans het ons meer aanbod relatief tot die swak wêreldwye vraag na olie en dit het die internasionale prys van olie die afgelope paar weke laag gehou, ondanks die geopolitieke konflik in die Midde-Ooste.

Hoekom moet jy hierdie wisselvallige uitgawe in jou maandelikse finansiële begroting inwerk?

Vervoer is ’n belangrike koste in die verbruikersmandjie. Dit is belangrik om vir vervoerkoste te begroot, sodat jy genoeg geld het om aan ander benodigdhede soos kos, kinders se opvoeding en behuisingskoste te spandeer. Wat ook al nie vir daardie maand gebruik word nie, moet bespaar word óf daartoe bygedra word om jou skuldvlakke te verlaag.

Tips om potensiële petrolbesparing goed te benut:

  • Bepaal hoeveel geld jy tans op petrol bespaar en plaas elke maand ongeveer 10% van hierdie waarde as ’n buffer teen toekomstige verhogings.
  • Verbruikers kan ook petrolbesparing gebruik om hul spaargeld te buffer, of dit kan gebruik word om hul skuldlas te verminder om op buitensporige rentekoste te bespaar.
  • ’n Bietjie besparing elke maand kan aansienlike besparings op die langtermyn beloop.

Bestuur so om petrol te bespaar:

  • Versnel stadig en handhaaf ’n konstante spoed.
  • Kyk na die verkeer rondom jou en antisipeer wat gaan volgende gebeur.
  • Vermy hoë spoed en vinnige stoppe.
  • Vermy dit om onnodig te “idle”.
  • Meet maandeliks jou banddruk.
  • Moenie onnodige swaar goed saamry nie en verwyder die dak- of fietsrakke wat nie gebruik word nie.
  • Gebruik lugversorging spaarsamig en gebruik ’n brandstofverbruikskerm of app om boek te hou van jou brandstofverbruik.
  • Beplan vooruit om ritte te kombineer en minder gereeld te ry.

Bronne

www.nrcan.gc.ca

www.toyota.com

www.money.howstuffworks.com.

 

Back To Top
%d bloggers like this: