skip to Main Content
1-2-3 App-myself

Ons lewe in ’n wêreld waar amper alles met ’n app gedoen kan word – bestel, betaal, speel, date… Noem maar op! Hier volg ’n lys van die gewildste apps in Suid-Afrika.

Dis ’n snaakse wêreld waarin ons leef waar meer mense selfone besit as wat toegang het tot skoon water. En elkeen van daai slimfone het minstens een app op.

In Suid-Afrika is hierdie vyf apps die gewildste:

• Whatsapp
• Instagram
• Facebook
• Youtube
• Facebook Messenger

En volgens Apple is dié onder die apps wat die meeste in ons land afgelaai en gebruik word:

Shareit
Taxify
FNB se bank-app
Takealot
JooX Music
Capitec se bank-app
DSTV Now
Shazam

Ons is egter mal oor hierdie eg Suid-Afrikaanse apps, wat jy sommer al vandag kan probeer.

FreshPhone
Dis soos om ’n huisfoon te hê, net beter!

SweepSouth
Hierdie app verbind betroubare skoonmakers, met mense wat die diens benodig. Maklik!

Prim-U
Soos Uber, maar vir mani’s, pedi’s, make-up en meer.

Minderz
As jy iemand benodig vir doggy-daycare of kitty-oppas, sal hulle iemand hê.

Droppa
Dis soos Uber vir bakkies en trokkies wat jou help om meubels of ander swaar goedere te vervoer.

Zulzi
Hierdie app sal enigiets in jou area vir jou gaan haal en by jou huis aflewer. Teen ’n fooi, natuurlik.

Bottles
Alkohol wat by jou deur afgelewer word. Wat meer wil jy hê?

Dit lyk vir ons of daar regtig ’n app is vir elke BELLA-behoefte!

Back To Top
%d bloggers like this: