skip to Main Content
Wat Is Jou Dekorstyl?

 

Is dit die Tulbagh- of eierstoel? Dalk die macramé hangmat? Daar is iets vir almal – daai item wat jou vinniger laat tiek. Het jy geweet die style word gekategoriseer om dinge vir jou makliker te maak.

BELLA skryf  oor die top 7. Watteer een sal jy wees?

  1. Minimalisties

Foto: Shutterstock

Jy toom spasie deur net die noodsaaklike huishoudelike items te gebruik en te fokus op spasie.  Die items wat jy wel het, is prakties en behou groot impak van die mooi-maak van jou huis. Min kleure, geen tierlantyntjies en natuurlike lig is jou forté.

2. Eklekties

 

Foto: ShutterstockJou dekorstyl is soos ’n trip om die wêreld. Jy weet presies hoe om oud en nuut te meng – en dit wérk! Jy hou van verskeie dekorinvloede en sit dit met gemak bymekaar. Kleur is jou beste vriendin en patrone jou niggie. 

3. Shabby-sjiek

Foto: Shutterstock

Jou doel is om ’n warm en gesellige huis te hê. ’n Vrou se hand is ooglopend in die selfgemaakte items, wat ornamenteel geplaas word. Om ’n knus gevoel te gee maak jy gebruik van muurbehangsels en layering. Jy hou van antieke meubels – jy hou nog meer daarvan as dit geverf is en begin afdop.

4. French country 

Foto: Shutterstock

Jy is ’n regte romantikus. Jou hemelbed het verseker gedrapeerde materiaal wat vloeiend tot op die vloer lê. Deep buttoning meubels met ’n gekerfde poot laat jou hart vinniger klop. Die meerderheid van jou items is in neutrale kleure wat harmonieus saam met ’n paar pastelkleure gaan. Jy verkies floral patrone en strepies.

5. Tradisioneel

Foto: Shutterstock

Ou donkerhout meubels, bal-en-kloupote en ornamente met ryk kleure en teksture maak jou tuis voel. Jou droomitem is ’n klassieke chesterfield wat bonkig (en simmetries) staan in jou leefarea. Jou boekrak is definitief ingebou en lyk majestueus met boeke vanaf toentertyd tot nou. Jy vind nie aanklank by trends nie – jy is gek oor geskiedenis, kuns en die betekenis van jou interieur.

6. Mid-century modern 

Foto: Shutterstock

Jy sal ook die naam “retro” hierby kan voeg. Mid-century moderne huise is meestal ook minimalisties met verbasend klein houtmeubels uit die 1950 tot 1960. Oftewel, kontemporêre meubels wat die dekades as inspirasie gebruik.  Hout is die eregas in die huise en jy sal funky items kry soos ’n stoel wat die vorm van ’n eier aanneem.

7. Industrial 

As jy jou hele huis met Weylandts kon versier het jy! Oop pype, baksteenmure, sement, koper en onafgewerkte hout. Jy is gek oor charcoal kleur meubels, linne en afwerkings.

 

Bronne:

https://www.homestratosphere.com/interior-design-styles/

Back To Top
%d bloggers like this: