skip to Main Content
Regte Huis: Die Ark Is Oop

Hierdie huis is soos ’n uitverkorene hawe – jou maag sal volhard versadig bly, jou drankie nooit beklonke raak nie en die gesprekke oneindig prikkelend behou.

Die tuiste van twee besigheidsvroue, Ciske en Madeleine, eienaars van spysenieringmaatskappy, Eighty Ate Food Co. Hul gunstelingrol is die trotse ma’s van twee spaniels – Oupa Daan en Cooper en die nuutste toevoeging tot die familie – Griffin, die Duitse herdershond.

Foto: Nielette Smith Photography

Die lang houttafel in die oop leefarea dien as simbool van hoe dié familie se werk en plesier hand-aan-hand loop. Hier is waar hulle kuiergaste ontvang, hul nuutste resepte toets, beplanning doen, vergaderings hou, bestellings plaas en hul sit sommer net by die tafel en chat.

Ek vra vir Ciske hoe sal sy hulle dekorstyl beskryf, sy kyk soekend na die plafon en sê: “Dit is seker maar oud – jy weet vir ons ouderdom.” Pressed ceilings, houtvloere en dakkappe is seker nie ooglopend kontemporêr nie. Maar hierdie huis is die lang afgewagte ontmoeting tussen oud en nuut – en dit is ’n verhouding wat ons goedkeur! Met die gebruik van neutrale grys geverfde mure, natuurlike houte in verskeie afwerkings en treffende teksture soos blootgestelde bakstene as die agtergrond vir hul antieke meubels gekombineer met meer funky items. Albei se liefde vir die look and feel is geplant deur hul ouers se tuistes en die huislike gevoel wat handgemaakte houtmeubels aan die estetiese maar ook ambiance van die vertrekke gemaak het.

Foto: Nielette Smith Photography

Hulle nguni velle, Jody Olën kunswerke en swart kombuistoestelle laat hulle tone ekstra krul van geluk en tevredenheid – en word gekroon as hul gunsteling dekoritems. BELLA is natuurlik mal oor die knus TV-kamer met ’n houtkaggel, veral in die koue front.

Foto: Nielette Smith Photography

Die kombuis en leefarea loop inmekaar en dit is duidelik dat dit die hartklop van die pragtige huisie is. Jy voel die energie van aanvaarding, liefde en geselligheid aan met die twee rustige siele. Kleine Griffin herinner jou dan van die partytjie energie en kom soos ’n warrelwind om die draai gejaag. Die balans van die lewe – julle het hom!

Foto: Nielette Smith Photography

Back To Top
%d bloggers like this: