skip to Main Content
Wat Is Burrata?

As jy van vars mozzarella hou, maak jouself reg om heeltemal verlief te raak op burrata.

Vars mozzarella en burrata is semi-sagte Italiaanse kase wat met die hand gemaak word. Burrata vat die vars mozzarella nog ’n stappie verder. Dis ’n hand gevormde mozzarella bal wat gevul is met room en sagte wrongel. Die melkerige, sagte tekstuur is ryk en botterig en absoluut wonderlik.

Vars mozzarella word van koei- of water buffel melk gemaak (mozzarella di bufala). Die bufala is aansienlik duurder omdat daar baie minder verskaffers in Suid-Afrika is. 

Hierdie kaas word glad nie verouder nie en word onmiddellik geëet as ’n vars kaas. 

Burrata is ’n simplistiese, minimalistiese bestanddeel wat met so min as moontlik voorgesit word. Goeie olyfolie, ryp tamaties, vars basiliekruid en natuurlik ’n skyfie suurdeeg brood.

Burrata is in Johannesburg beskikbaar by Cheese Gourmet in Linden, maar ondersteun gerus van Suid-Afrika se top chefs soos Amori Burger en David Higgs en probeer hul burrata disse by Van der Linde en Saint.

Back To Top
%d bloggers like this: