skip to Main Content
Rooster Vleis Soos ’n Pro Met Hierdie #Tips

Moenie laat ’n groot stuk vleis jou intimideer nie, dis die maklikste ding op aarde om ’n vleisie gaar te maak.

In Suid-Afrika is ons nie noodwendig mal oor rare roast beef nie. Maar gee vir ons enige tyd ’n groot, sappige stuk vleis wat stadig en lank gerooster is. Sag genoeg om met ’n vurk uitmekaar te trek. En dan natuurlik die dik, geurige, donker-bruinsous om saam met stampmielies of koring te eet.

Foto: Nielette Smith Photography

As jy ’n oond in jou huis het, kan jy roast maak! Volg hierdie paar tips en tricks vir ’n indrukwekkende roast by jou volgende geleentheid.

  1. Plaas altyd uie onder in jou kastrol of skottel, dit sal die sous se geur verbeter en die donker-bruin gebakte uie sal kleur aan jou sous gee.
  2. ’n Halwe koppie water per kilogram vleis kan onder in die skottel geplaas word om stoom te produseer, wat jou vleis vinniger, maar sappig gaarmaak.
  3. Gebruik liefs vleisstukke met bene in. Byvoorbeeld skaapboud, kortrib roast of heel varklies. Vleis sonder bene sal natuurlik makliker kerf.
  4. Mosterd, swartpeper, koljander sade, roosmaryn en knoffel met bietjie olie en asyn sal meeste vleise pas. As jy lief is vir rooiwyn, sal ’n koppie nie skade maak nie.
  5. Hoe stadiger en langer, hoe beter. Moenie bang wees om die vleis vir 5ure lank op ’n stadige hitte te laat bak nie. As die water opraak, kan jy altyd bietjie meer bygooi.
  6. As jou vleis se kleur nog nie reg is nie, kan jy die oond opdraai vir paar minute om die regte kleur na jou smaak te kry.

Moenie bang wees om ’n snit te toets nie, met hierdie tips sal jy ’n groot sukses van jou roast maak.

Back To Top
%d bloggers like this: