skip to Main Content
Resep: Tumeric Latte

 

Goudgeel, gesond en net reg om die #winterblues te wen.

Resep

Bestanddele

3cm stuk borriewortel, fyn gerasper (of 1 eetlepel droë borrie)

1cm stuk gemmer, fyn gerasper (of ’n halwe teelepel droog)

500ml Neut-, klapper of gewone melk

1 Kaneelstokkie

½ teelepel vanilla

Heuning na smaak

Foto: Nielette Smith Photography

*Opsioneel

Bietjie klapperolie of neutbotter maak die drankie meer romerig.

Metode

Plaas alles in ’n pot en verhit stadig tot by kookpunt.

Giet mengsel deur ’n fyn sif om speserye en stukkies te vang.

Gebruik ’n stick blender om die melk te skuim.

Bedien in jou gunstelingkoppies.

Foto: Nielette Smith

#BELLAtip: borrie vlek verskriklik, so werk versigtig.

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: