skip to Main Content
Resep: Rooiwyn Lamskenkels

’n Wintergereg. Bederf jou mense met ’n heel skenkel per persoon.

Foto: Nielette Smith

Resep

Bestanddele

2 heel lamskenkels

300ml rooiwyn

2 uie gekerf

2 takkies roosmaryn

3 knoffelhuisies (gekneus)

500ml hoenderaftreksel

Sout en peper na smaak

1 blikkie tamatiepuree

1 eetlepel suiker

Foto: Nielette Smith

Metode

Verhit olie in ’n oondbak en braai skenkels aan albei kante.

Giet al die bestanddele in die oondbak en plaas die deksel op.

Bak in die oond teen 160°C vit 4 ure of totdat vleis van die been afval.

Maak seker jou vloeistof raak nie op nie.

Indien jou sous waterig is, kan die skenkels uitgehaal word en sous op stoofplaat tot dik gekook word.

’n Pakkie bruin uie soppoeier kan ook die ding doen.

Maak seker om te proe vir sout.

Bedien met oondgebakte aartappels, botter en kruie.

Foto: Nielette Smith

#TIP lekker as ’n pastasous met vars basilie en hope parmesaankaas.

 

Back To Top
%d bloggers like this: