skip to Main Content
Resep: Paasfees Kerrievis

Dis Paasfees. Bederf jou geliefdes met hierdie tradisionele dis.

Of jy dit nou gepekelde vis, kerrievis of ingelegde vis noem, is hierdie verseker ’n dis om jou Paastafel op te helder. Bedien met warm brood en dik gesmeerde botter of sommer ’n hot cross bun uit die winkel uit.

Bestanddele

  • 2 kg stokvis/ hake in blokke gesny
  • 4 uie in ringe gesny
  • 3 koppies asyn
  • 2 koppies water
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel sout
  • 3 eetlepels kerriepoeier
  • 1eetlepel borrie
  • Pekel speserye (lourierblare, peperkorrels, koljander, mosterdsade)
  • 2 eetlepels blatjang gemeng met 2eetlepels meel om ’n pasta te vorm
  • Meel om vis te bedek
  • Olie vir vlakbraai
  • Opsionele vars chillies en knoffel

Foto: Aline Photography

Metode

  1. Rol vis in meel en vlakbraai vir paar minute tot net gaar.
  2. Pak vis netjies in ’n glas bak.
  3. Braai uie liggies met bietjie olie, speserye, kerrie en borrie in ’n pot (chillies en knoffel kan ook nou bygegooi word).
  4. Gooi die suiker, asyn, sout en water by en bring tot by kookpunt.
  5. Haal van die hitte af en roer die blatjang mengsel goed deur.
  6. Verhit tot verdik.
  7. Giet die warm sous oor die gebraaide vis en laat afkoel.
  8. Bêre in die yskas tot benodig.
  9. Bedien met vars koljander of pietersielie blaartjies.

Wenk: Hierdie resep kan lank voor die tyd gemaak word en is veral lekkerder na 2 dae se staan.

 

Foto’s: Aline Photography
Facebook: @Aline Photography
Instagram: @alinephotography

Back To Top
%d bloggers like this: