skip to Main Content
Resep: Moringa Noedels Met Broccoli En Pesto

Die gesondste pasta wat jy ooit sal eet!

Gaan ordentlik groen met hierdie vinnige, voedsame pasta resep.

Bestanddele

  • 500g Moringa Noedels
  • 100g baba broccoli
  • 2 eetlepels pesto van jou keuse
  • 2 eetlepels sprietuie (gekap)
  • 2 eetlepels goeie olyfolie
  • Sout en peper na smaak

Foto: Aline Photography

Metode

  1. Giet kookwater bo-oor noedels en laat staan vir 5minute.
  2. Verhit olie in ’n warm pan en braai sprietuie en broccoli tot helder groen.
  3. Haal van die hitte af en roer pesto in.
  4. Dreineer nou noedels en meng met al die bestanddele in die pan en geur na smaak.
  5. Bedien warm.

Wenk: Pesto Princess het ’n amazing dairy-free basil en suurlemoen pesto vir ’n vegan opsie.

Moringa noedles is beskikbaar by Checkers onder die Simple Truth Handelsmerk en is ook 100% vegan.

 

Facebook: @alinephotography
Instagram: @alinephotography

Instagram: @pesto_princess

Back To Top
%d bloggers like this: