skip to Main Content
Resep: Maak Jou Eie GLÜHWEIN

Glühwein is ’n warm Duitse wyn en spesery drankie wat jou winter kuiergaste se hande en harte vinnig sal opwarm.

Foto: Nielette Smith

Bestanddele

  • 2 bottels droë rooiwyn
  • 5 kaneelstokkies
  • 10 naeltjies
  • 1 vanilla pod
  • 5 steranys
  • 2 lemoene in skywe gesny
  • 1 koppie suiker
  • 1 lemoensap
  • 1 koppie water

Foto: Nielette Smith

Metode

Kook alles behalwe die rooiwyn saam in ’n pot vir 5 minute. Hierdie is die lemoen- en spesery stropie wat die glühwein gaan geur.

Voeg nou jou rooiwyn by en verhit stadig tot net voor kookpunt.

Bedien warm met lemoenskywe en kaneelstokkies.

#BELLAtip ’n shot donker Rum sal ’n ekstra kick en besonderse smaak gee.

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: