skip to Main Content
Resep: Botterskorsies(k)op In Die Mikrogolf

Almal het seker al ’n botterskorsie in die oond gedruk, maar ’n mikrogolf sal jou regtig laat wonder of jy ooit moes. Minimaliseer jou moeite en skottelgoed met hierdie maklike resep.

Resep

Bestanddele

  • 500g pampoen, geskil en in klein blokkies gekap
  • 1l aftreksel van jou keuse
  • 1 knoffelhuisie
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1teelepel kerriepoeier
  • 1 klein ui, gekap in klein blokkies
  • 1 houertjie klapperroom of vars room (hou ’n paar druppels vir garnering)
  • Sout en peper na smaak
  • Geroosterde pampoenpitte of klapper vir garnering

Foto: Voetpad Fotografie

Metode

Plaas alle bestanddele (behalwe garnering) in ’n groot glas bak.

Bedek die bak met plastiek en druk ’n paar gate met ’n mes.

Mikrogolf teen volle krag vir ongeveer 20minute of totdat die pampoen maklik met ’n vurk platgedruk kan word. Onthou om af en toe te roer.

Verpulp sop met ’n stick blender en geur na smaak.

Bedien warm met garnering van jou keuse en ’n drizzle room. ’n Lekker souterige broodstokkie sal nie skade maak nie.

#BELLAtip hierdie sop kan maklik aangepas word om vegan te wees deur slegs klapperroom en groente aftreksel te gebruik.

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: