skip to Main Content
Resep: Borrelgom En Bloubessie Plaatkoekies

Kinderlike smake in ’n helderblou plaatkoekie met vars bloubessies!

Bestanddele

  • ½ koppie vars bloubessies
  • 2 eiers
  • 1 ½ koppies meel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 eetlepels botter
  • 2 koppies karringmelk
  • ½ koppie blou borrelgom stroop

Metode

  1. Meng al die bestanddele behalwe die bessies saam in ’n voedselverwerker.
  2. Spuit ’n kleefvrye pan goed en verhit op matige hitte.
  3. Giet die blou mengsel in die pan en plaas ’n paar bloubessies bo-op die rou deeg.
  4. Wag totdat daar groot borreltjies op die rou deeg se oppervlak is voordat jy omdraai.
  5. Draai plaatkoekies om en braai tot gaar.
  6. Spuit pan elke keer voordat nuwe koekies gebraai word.
  7. Bedien warm met vanieljeroomys en baie borrelgom stroop.

Wenk: Bloubessies kan met sjokolade blokkies vervang word.

Back To Top
%d bloggers like this: