Maak die heerlike Bloubessie Kaaskoek vir jou volgende kuier.
Bloubessie Compote
Bestanddele:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie bloubessies
- ½ koppie water
Verminder tot half
Koekie Basis
Bestanddele:
- 1 pakkie koekies (fyn)
½ koppie gesmelte botter
Metode:
- Meng koekies en gesmelte botter
- Spuit en bedek onderkant van pan met waks- of bakpapier
- Vorm koekiemengsel in die pan
- Laat koel om te laat stol
Kaaskoek Mengsel
Bestanddele:
- 250g roomkaas (kamertemperatuur), meng glad tot sonder klonte
- 1 blikkie kondensmelk
- 400ml room (styf geklop)
Metode:
- Spons 2 eetlepels gelatien in koue water
- Smelt die gelatien in kookwater
- Voeg by mengsel
- Verdeel die mengsel in 3
- Kleur en geur me bloubessie compote
- Smeer lae in voorbereide pan
- Verkoel en stol vir 4 ure
- Fakkel kante om die koek los te maak van pan
- Versier met vrugte en blomme
Resep deur Ciske Labuschagne