skip to Main Content
Geroosterde Tamatiesop Met Lam- En Kruisementfrikkadelle

Met die koue weer wat nou kom nesskop hier aan die suidpunt van Afrika, is dit nodig om die temperatuur binnenshuis aan te draai met behulp van hierdie staatmaker #WinterWarmer resep.

Die Sop

Bestanddele
  • 1 kg van ʼn verskeidenheid vars tamaties
  • 6 heel knoffelhuisies geskil
  • 2 grofgekapte uie
  • ¼ koppie olyfolie
  • Sout, peper en suiker na smaak
  • Jou gunstelingaftrekselblokkie, opgelos in 500 ml water
  • Gemengde kruie van jou keuse (basiliekruid, salie, tiemie en roosmaryn)
  • 250 ml vars room (opsioneel)
Metode
  1. Voorverhit die oond op 180ºc
  2. Rooster alles (behalwe die aftreksel en room) vir 30 minute.
  3. As dit goed gekarameliseer is, verwyder en plaas dan in ʼn voedselverwerker en meng
  4. die tamatiemengsel met die aftreksel (en room) tot ʼn gladde sop.

Foto: Susan du Toit Photography

Die frikkadelle

Bestanddele
  • 500g lamsmaalvleis
  • Handvol vars kruisement gekap
  • 1 teelepel fyngemaalde komyn
  • Sout en peper na smaak
Metode
  1. Meng alles saam, rol in bolletjies in die grootte van jou keuse en vlakbraai die frikkadelle in ʼn warm pan met ʼn olie van jou keuse.
  2. Opdien – Bedien die helderrooi sop met ʼn paar vleisbolletjies en garneer met winkelbasiliepesto en vars babakruie.
Back To Top
%d bloggers like this: